Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Kwêla Dorp van die Jaar 2019

Nuus
03 Februarie 2019
Dit is weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (#JouKwêlaDorp)-kompetisie!
Kwela Dorp Showpage Billboard 1600 x 534

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land? Benoem nou jou gunsteling dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!

Wie kwalifiseer?
Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:

  • Minder as 500 000 inwoners het
  • Nie ’n streekswenner in die laaste twee jaar was (2017: Mosselbaai, Margate, Nespruit/Mbombela, Hoopstad, Tzaneen, Vanderbijlpark, Barkley-Oos, Van Zylsrus, Gobabis. 2018: Fochville, Wakkerstroom, Jeffreysbaai, Montagu, Upington, Mariental, Parys, St. Lucia ).
  • Vorige wendorpe mag vir 5 jaar na hulle as wenner aangewys is nie weer deelneem nie (Sabie, Fouriesburg, Middelburg, Hentiesbaai, Mosselbaai en Jeffreysbaai.).

Hoe werk dit?
Benoem jou gunsteling dorp uit enige streek deur die dorpsnaam na 33157 te SMS (SMS’e kos R1,50). Inskrywings open 3 Februarie 2019 om 18:00 en sluit 15 Februarie 2019 om 12:00. Jy kan soveel dorpies benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS, en soveel sms’e as jy wil in hierdie benoemingsronde).

Daar sal uit nege streke gekies word:
1. Gauteng en Noordwes saam.
2. Noord-Kaap
3. Oos-Kaap
4. Wes-Kaap
5. Vrystaat
6. Limpopo
7. Mpumalanga
8. KwaZulu-Natal
9. Namibië

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die semi-finale ronde (op 3, 10 en 17 Maart). Hier kry die publiek vir ’n week lank elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp te stem. Die ronde laat net 30 sms’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies kom verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 26 Mei tot 12:00 31 Mei 2019 vir die wendorp kan stem.

Die wendorp word op 16 Junie 2019 op Kwêla aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n groot KIA dorp van die jaar-makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.

KLIEK HIER VIR DIE VOLLEDIGE LYS VAN BEPALINGS EN VOORWAARDES.

Skakel elke Sondag om 18:00 in vir Kwêla en spog met jou dorp op sosiale media deur die hutsmerk #JouKwêlaDorp te gebruik.