Logo

Kunstige Michelle sprankel – Mooimaak 3

Nuus
04 November 2020
Michelle het vir jare lank haar voorkoms verwaarloos, terwyl sy moes sterk staan om haar seun te ondersteun deur rehabilitasie.
Untitled design

Sy het ‘n kreatiewe gees en het ambisies om ‘n kunstenaar in haar eie reg te word. Clare en haar span het vir Michelle verras by Christina Wiese se nuwe gastehuis in Tamboerskloof, Kaapmooi, om haar droom van haar eie kunsuitstalling te verwesenlik. Checkers het gesorg vir die elegante partytjiehappies en vonkelwyn om Michelle se eerste kunsuitstalling ‘n baie spesiale aand te maak.

Michelle se hoofbehandeling by Laserderm was die gebruik van Botulium Toksin. Die behandeling ontspan die plooie om Michelle se oë om die wenkbroue te lig en die oë ‘n oper voorkoms te gee,  met n voller lip en bietjie volume rondom haar wange en dieper lyne om haar mond, lyk Michelle natuurlik maar verfrissend jonger met uitgeruste voorkoms. Daar is gefokus op kollageen stimulering met SkinPen Microneedling en sy het ook n chemiese afskilfering gehad.

Saam met haar behandelings het Michelle ook Lamelle se Luminesce gebruik om haar hiperpigmentasie te behandel en die vel ‘n eweredige voorkoms te gee.

Michelle was aan die begin van haar Mooimaak-reis baie selfbewus oor haar tande. Haar grootste wens was om weer met selfvertroue te kan lag. Dr Melissa Brink van JJS Dentistry het vir Michelle behandel met ‘n reeks wortelkanale. Sy het ook ‘n digitale glimlag ontwerp gedoen met Emax Veneers en ‘n brug op haar bo-tande. Haar onder-tande het ook ‘n Phillips Zoom bleiking gekry.

1604481439 28 screenshot 2020 11 02 at 2.37.34 pm

Michelle het gesprankel op haar groot dag en het ‘n spesiale aflewering gekry van Dermastore.

"Nadat ons familie deur 'n moeilike tyd gegaan het, het Mooimaak weer Sy kwassies gevat en my donker wêreld weer vol kleur, hoop en geluk geverf! 'n ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie." – Michelle Alexander

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.

Skakel elke Donderdag om 21:00 in vir 'n Mooimaak-reis en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik.