Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Kos- en wynparing – Op my eish

Nuus
27 Junie 2021
Hier is 'n paar wenke om jou kos met net die regte wyn te paar.
BB

Op my eish!-'wingman', Henre Pretorius, het van die dames geneem op 'n kos- en wynparing avontuur by die 'The Wine Glass'-restaurant in Hermanus. 
Ons loer na 'n paar wenk hoe jy jou kos makliker kan paar met net die regte wyn:

  • Pinot Noir pas goed by aardse geure:
    Resepte wat aardse bestanddele bevat soos sampioene en truffels smaak lekker paar goed met rooiwyne soos Pinot Noir, wat lig is maar diepte het.
  • Chardonnay pas goed by vetterige vis en vis in 'n ryk sous:
    Satynagtige witwyne - soos Chardonnays, is heerlik saam met vis soos salm of enige soort seekos in 'n ryk sous, byvoorbeeld garnaalpasta in 'n bechamelsous.
  • Sjampanje pas goed by enigiets souterig:
    Die meeste droë vonkelwyne, soos 'n Brüt Sjampanje, het eintlik 'n effense tikkie soetigheid. Dit maak hulle ekstra verfrissend wanneer hulle saam met souterige disse bedien word, soos bros udon-noedels met norisout.
  • Cabernet Sauvignon pas fantasties met enige sappige rooivleis:
    Mengsels van Cabernet en Bordeaux is perfek met 'n lekker biefstuk en skaaptjops.
  • Sauvignon Blanc paar perfek saam met pittige smake:
    Disse soos kammossels met 'n pomelo-uieslaai is die perfekte kombinasie vir 'n glasie Sauvignon Blanc.
  • Droë Rosé paar lekker saam met kaasgeregte:
    Sommige kase pas beter by witwyn, ander met rooi; tog pas almal goed saam met 'n droë rosé, wat die suurheid van witwyn en die vrugkarakter van 'n rooi het.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Neels se soeke na liefde in Op my eish! en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #OpMyEish te gebruik.