Logo
Koortjies 970x90
web uni tv guide

Koortjies Met Jonathan Rubain

145GeselsprogramPG

Koortjies met Jonathan Rubain se Kersfees-special weer op TV

Nuus
03 Desember 2021
Koortjies met Jonathan Rubain- kykers het nog ’n kans om die spesiale Kersfees-aflewering te kyk hierdie maand. Net soos verlede jaar, is daar ’n episode vir elke Sondag in Desember.
IMG 6089

Die Koortjies-span sal ’n breek neem in Desember wanneer die Kersfees-aflwering van verlede jaar weer speel.

In die program nooi Jonathan weer van sy gaste terug om spesiale Kersliedere te kom sing.

Kykers sal onthou dat daar ook ’n paar nuwe gesigte was verlede jaar. Maar nou het hulle behoorlik naam gemaak in die land. Daylin Sass het die Top 5 gehaal in vanjaar se Idols: South Africa terwyl Nicoleen Saal amper klaar is met haar studies. Sy het ná die kompetisie Johannesburg toe getrek om klankingenieurswese te gaan swot. 

Van die ander Maak My Famous-talente wat te sien sal wees, is die eerste seisoen wenner Cheswyn Ruiters, tweede seisoen naaswenner Reggie B en aanbieder en sanger Tarryn Lamb.

Asof dit nie genoeg is nie, kuier Suid-Afrika se lieflinge, Rochelle Liedeman, Robin Pieters, Jarrid Ricketts, Craig Lucas en Paxton Fielies ook op die Koortjies-verhoog. Die Community Philharmonic Orchestra kom wys ook wat in hulle steek.

Kersfees en Koortjies is vir my een van die highlights van die jaar. Hierdie is net so gepas en perfek, want daar is so baie dinge wat uitsterf oor die Kersseisoen. So ons gebruik hierdie program om net Kersfees te celebrate. Ons praat oor liefde, hoop en die geboorte van die Jesus Christus. Ek is seker almal gaan mal wees daaroor! Ek kan nie wag om te sien hoe mense net voor die televisie sit en saamsing nie,” sê Jonathan.

Skakel van 5 Desember om 18:00 in op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, en beleef Kersfees hierdie jaar ekstra spesiaal met Kersfees en Koortjies. ​