Logo
Koortjies 970x90
web uni tv guide

Koortjies Met Jonathan Rubain

145GeselsprogramPG

Koortjies met Jonathan Rubain is terug met ’n Kersfees-special!

Nuus
15 November 2020
Die feestyd kom al hoe nader en ons het net die regte medisyne om die jaar mee te eindig!
koortjies 2

Jonathan Rubain het in ’n Facebook Live die nuus gedeel dat kykNET&kie se Koortjies met Jonathan Rubain in Desember terug op die kassie is vir ’n spesiale Kersfees-aflewering. En ons bederf kykers nie net met een episode nie, maar sommer vier – een vir elke Sondag van Desember!

Jonathan nooi weer van sy gaste terug om spesiale Kersliedere te kom sing en dan leer ken ons ook ’n paar nuwe gesigte.

In die eerste aflewering van Kersfees en Koortjies kom seën Amy Jones ons met een van haar nuwe liedjies, terwyl Neville D en Maak my Famous se Reggie B kragte saamspan om die gewilde Die Here is Kwai vir die eerste keer saam op te tree.

Reggie B is nie net die enigste Maak my Famous-deelnemer wat kykers kom vermaak nie. Die seisoen een-wenner Cheswyn Ruiters, Tarryn Lamb, Daylin Sass en die seisoen twee-wenner, Nicoleen Saal, kry almal ’n beurt om jou te vermaak!

Asof dit nie genoeg is nie, kuier Suid-Afrika se lieflinge, Rochelle Liedeman, Robin Pieters, Jarrid Ricketts, Craig Lucas en Paxton Fielies ook op die Koortjies-verhoog. Die Community Philharmonic Orchestra kom wys ook wat in hulle steek.

Kersfees en Koortjies is vir my een van die highlights van die jaar. Hierdie is net so gepas en perfek, want daar is so baie dinge wat uitsterf oor die Kersseisoen. So ons gebruik hierdie program om net Kersfees te celebrate. Ons praat oor liefde, hoop en die geboorte van die Jesus Christus. Ek is seker almal gaan mal wees daaroor! Ek kan nie wag om te sien hoe mense net voor die televisie sit en saamsing nie,” vertel Jonathan.

En die goeie nuus stop nie daar nie! In dieselfde video het Jonathan bevestig dat hy weer in April terug op kykNET&kie gaan wees vir ’n tweede seisoen van die gewilde program.

Skakel van 6 Desember om 18:00 in op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, en beleef Kersfees hierdie jaar ekstra spesiaal met Kersfees en Koortjies. ​