Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Kom ons speel tombola – Kunsvlyt 3

Nuus
16 Julie 2019
Bevry jou innerlike kunsvlyter met dié stap-vir-stap-riglyne.
Kunsvlyt DIY

Tydens die tweede aflewering van Kunsvlyt, het deelnemer Teresa uitgeblink in die Tombola-uitdaging. En nou kan jy dit self probeer. 

Jy benodig: 

  • Krytverf (chalk paint) in grys, sand en charcoal kleur van Creative Talents
  • Raampie en kassie van Creative Talents
  • Houtwoorde van Creative Talents
  • No More Nails
  • Gomgeweer
  • ’n Verskeidenheid lint & ‘n groot knoop van Metro
  • Sharpies – swart
  • Wit pen van Faber Castell
  • Ou kwas uit die rommelkas
  • Celebr8 Masks – Hearts
  • Little Birdie 2-in-1 Gesso
  • Versa Ink Sponsie swart
  • Vinger sponsie van The Wholesaler
  • Kwaste van Dala
  • Ponal houtgom van Pritt
  • Kurkvelle van Dala
  • Donker (dark wax) en deurskynende politoer (soft wax) van Creative Talents

Stappe: 

Stap 1
Was (white-wash) die hele rakkie met die krytverf. Verf ook die aparte boksies, asook die houtwoord.

Stap 2
Sny die hout fotoraam om in die caddy te pas. Dit gaan gebruik word as afkortings.Voer die binnekant uit met kurk. 

Stap 3
Rangskik en plak die verskeie elemente op die boks vas. Die raampie is aan die binnekant vasgeplak met die No More Nails. Die raampie is vasgetrek met ’n clamp om hom stewig te hou totdat hy droog is.

Stap 4
Soft Wax is opgesit en toe dark wax om ’n outydse effek te kry. Bind verskillende linte en kant om die handvatsel vas. Die stensilwerk en kalligrafie word heel laaste gedoen.

Kyk net hoe mooi:

Gallery


As jy hou van wat jy sien, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.