Logo

Kom kuier saam by Aardklop

Nuus
20 September 2019
Kom gesels hierdie jaar saam oor aktuele sake by Aardklop.
Aardklop

Sluit daagliks aan by Tim du Plessis, Divan Botha, Kabous Meiring, Lourensa Eckard en Heindrich Wyngaard by die ATKV Boeke-Oase/Netwerk24-feeskafee in die Bennie Pienaarsaal. 

Woensdag 25 September 09:00 - 10:00
Aktuele gesprekkereeks
Saamgestel deur kykNET Verslag en Beeld 


Nuwe daeraad of sononder?

Ramaphosa vier maande ná sy inhuldiging. Hoe vaar hy? Tim du Plessis gesels met politieke ontleders oor of Cyril Ramaphosa sy mag binne die ANC begin konsolideer, en of hy as staatspresident reeds betekenisvolle veranderings kon aanbring.

Gespreksleier:
Tim du Plessis
Hoof van aktualiteit: kykNET

Gaste:
Anthoni van Nieuwkerk
Roelf Meyer
Ebrahim Fakir

1568983739 34 tim du plessis
Tim du Plessis


Woensdag 25 September 18:00 – 19:00
Sakegesprek
Saamgestel deur Winslyn, kykNET en Beeld


China: Suid-Afrika se vriend of vyand?

President Xi Jinping van China noem sy land se wêreldwye beleggings- en leningsprogram, die projek van die eeu. Suid-Afrika en Afrika het buitelandse beleggings broodnodig, maar hoe opgewonde kan ons regtig wees oor China wat ál meer vastrapplek op ons vasteland kry?

Gespreksleier:
Divan Botha, Winslyn

Gaste:
Dr. Martyn Davies, Deloitte
Prof Peng Yi, China
Francois Stofberg, Efficient Wealth
Dr. David Monyae, Confucius-instituut, UJ   

Donderdag 26 September 09:00 – 10:00
Aktuele gesprekkereeks
Saamgestel deur
Prontuit, kykNET en Beeld

Dames en here (en als tussen-in en anderkant)
Vir eeue lank het ons geglo die mens het net twee geslagte, of genders, soos hulle deesdae sê. Nou word daar gepraat van vier en selfs méér genders. Waaroor gaan dié debat en wat lê daaragter?

Kan jy jou gender kies? Op watter ouderdom kan ’n kind daaroor besluit – indien jy kán kies? 

Gender-kwessies is die afgelope jaar prominent in die nuus. Prontuit-aanbieder, Kabous Meiring, gesels met ’n paneel hieroor.

Gespreksleier:
Kabous MeiringProntuit

Gaste:
Dr. Tanya van Wyk, Teoloog, Universiteit van Pretoria
Marlene Wasserman (dr. Eve), Seksuoloog
Gita November, Transgender vrou

Donderdag 26 September 18:00 – 19:00
Sakegesprek
Saamgestel deur Winslyn, kykNET en Beeld


Moet ek regtig ’n entrepreneur wees?

Entrepreneurskap word toenemend as die enigste oplossing vir Suid-Afrika se sukkelende ekonomie beskou. Beteken dit elkeen behoort ’n entrepreneur te wees?

Gespreksleier:
Divan Botha, Winslyn

Gaste:
Marnus Broodryk, Entrepreneur & stigter: SME Africa
Prof André Heymans, Departement Ekonomie, NWU
Lullu Krugel, PwC
Dr. Erna Gerryts, UP

Vrydag 27 September 09:00 – 10:00
Aktuele gesprekkereeks
Saamgestel deur kykNET Verslag en Beeld


Identiteitspolitiek en waaroor gaan die “
woke”-debat?
Wat beteken dit om “woke” te wees? Bied sosiale aktivisme en identiteitspolitiek meer geleenthede as wat dit skade berokken? Lourensa Eckard bespreek hierdie onderwerp met ’n paneel en probeer sin maak van die fenomeen in ’n Suid-Afrikaanse konteks.

Gespreksleier:
Lourensa Eckard, kykNET Verslag

Gaste:
Helen Zille
Prof. Christi van der Westhuizen
Pieter du Toit

Vrydag 27 September 18:00 – 19:00
Prontuit Landbougesprek

Is ’n loopbaan in landbou lonend?

Hoe oud is die gemiddelde boer in Suid-Afrika? Is dit die moeite werd om in dié land te wil boer met onsekerhede soos onteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, veediefstal, arbeidswetgewing, droogtes, insetkoste, mededinging met die invoermark en boerdery van skaal? Wat van ’n loopbaan in die breër landbousektor – in die landbou-waardeketting?

Prontuit-aanbieder, Kabous Meiring, gesels met ‘n paneel hieroor.

Gespreksleier:
Kabous MeiringProntuit

Gaste:
Wandile Sihlobo, Agbiz
JP van den Berg, Jongboer van die jaar
Dr. Johnny van der Merwe, NWU
Nono Sekhoto-lga, Vroueboer

Saterdag 28 September 09:00 – 10:00
Aktuele gesprekkereeks
Saamgestel deur kykNET Verslag en Beeld


Kultuur en erfenis in ’n jong demokrasie.

Suid-Afrika se demokrasie is ’n kwarteeu oud: maar voel jy steeds vry om jou kultuur en erfenis te beoefen? Heindrich Wyngaard lei ’n paneelgesprek in Erfenismaand oor hierdie onderwerp.

Gespreksleier:
Heindrich Wyngaard, kykNET Verslag en KLOP!

Gaste:
Dr. Leslie van Rooi, US
Ingrid Jones, Mikateko Media
Lynthia Julius, Digter