Logo
Diepe waters cast
web uni tv guide

Diepe Waters

144Drama13 VL

Kom hou vakansie in Mauritius saam met Wynand en Chereé en die akteurs van Diepe waters!

Nuus
16 Maart 2023
Kykers wat bespreek het om in April vanjaar saam met die akteurs van die gewilde telenovela, Diepe Waters, Mauritius toe te gaan, kan nou uitsien na nóg meer opwinding!
Wynand Cheree Diepe Water Presser Image

Kykers wat bespreek het om in April vanjaar saam met die akteurs van die gewilde telenovela, Diepe Waters, Mauritius toe te gaan, kan nou uitsien na nóg meer opwinding!

kykNET en World Leisure Holidays het pas bevestig dat die gewilde Afrikaanse getroude sangpaar, Wynand en Chereé Strydom, nou óók gaan deel wees van hierdie eksotiese eiland-wegbreek saam met Werner Coetser (Jacques) en Eloise Cupido (Rose). 

Indien jy nog nie jou plek bespreek het nie moet jy opskud, want teen slegs R30 000 per persoon wat ’n deluxe-kamer deel, kan jy – vanaf 26 April tot 3 Mei 2023 – by dié gesellige geselskap aansluit. Hierdie eksklusiewe pakket sluit vlugte, verblyf, ontbyt, aandete, vervoerkostes en lughawebelasting in.

Dit gaan ’n jolige en heerlike tyd van uitspan wees by die luukse Sugar Beach Resort in Mauritius en die tydsberekening is perfek, want die datums strek ook oor ’n langnaweek! So daar is geen rede waarom jy nie van hierdie geleentheid gebruik kan maak om, teen ’n bekostigbare prys, hierdie asemrowende eiland te besoek nie! 

“Ek kan eintlik nie eers glo ons kry hierdie ongelooflike geleentheid nie! Ons droom al lankal oor ’n vakansie in Mauritius en hier word dit waar. Die feit dat ons saam met kykNET, die akteurs van ‘Diepe Waters’, en natuurlik die publiek kan kuier, is net een groot kersie op die koek,” sê Chereé oor die geleentheid om vir ’n week lank by ’n luukse vyfster-oord te ontspan.

“As ek eerlik moet wees, dan sien ek seker die meeste uit om ’n bietjie alleen tyd saam met Wynand te spandeer. Ons het dit nodig na ’n baie besige jaar sover. Ek sien ook uit om nuwe mense te ontmoet, lekker te sing en nuwe vriende te maak saam met almal wat saam reis op hierdie droomvakansie!,” voeg sy by.

Een gelukkige vakansieganger wat vir twee persone bespreek, staan ook ’n kans staan om sy/ haar volle pakket-geld terug te wen. So moenie wag nie, bespreek nou by kykNET!

Wynand, wie se splinternuwe enkelsnit ook einde April bekendgestel word, sien vreeslik baie uit na ’n blaaskans in sy besige skedule en sê: “Die vooruitsig om in Mauritius te gaan kuier voel redelik onwerklik. Om dit saam met die span van kykNET se ‘Diepe Waters’ te kan doen is ’n absolute voorreg. Ek sien verskriklik uit na die samesyn en om dit saam met my bruid te gaan geniet. Ons het nog nooit ’n wittebrood gehad nie en na 13 jaar se getroude lewe voel dit asof ons nou uiteindelik die geleentheid gaan kry.”

Die Mauritius-hotelgroep, Sun Resorts, het onlangs ’n transformasie ondergaan en spog deesdae met ’n splinternuwe voorkoms en handelsnaam, Sunlife.

Hierdie vernuwing gaan oor meer as net ’n nuwe naam, en sluit ook ’n nuwe filosofie en kultuur in met betrekking tot alle aspekte van die gaste-ervaring, en bou voort op meer as 45-jaar van trotse geskiedenis en erfenis. Hierdie nuwe hoofstuk sluit ook die bekendstelling in van die Come Alive Collection – ’n reeks unieke oord-ervarings vir gaste om te geniet, insluitend a Energy Gym, Sega Zoomba en Putting on the Ritz, om maar net ’n paar te noem.

Sugar Beach bied ’n opwindende kombinasie van die verlede en die hede, met glansryke elemente van gister en moderne luukshede van vandag vir ’n onvergeetlike vakansie-ervaring. Om aan te pas by die nuwe voorkoms, is dié oord se kamers en leefareas ook onlangs opgeknap om ’n tikkie weskus-glans weer te gee. 

Vir meer oor die Come Alive Collection, besoek: https://www.yoursunlife.com/experiences/.

Vir meer inligting oor Sunlife, besoek: www.wlh.co.za.

Dis nie elke dag wat jy die kans kry om oor ’n langnaweek, teen ’n baie bekostigbare prys, vakansie te hou by ’n luukse oord in Mauritius saam met jou gunsteling-sangers en -akteurs nie.

Wikkel en bespreek nou jou plek vir hierdie eens-in-’n-leeftyd-ervaring!