Logo

Kokkedoortjie: Nic se hoogtepunte

Nuus
28 Junie 2017
Nic van Wyk blik terug op sy tyd in die TV-kombuis.
Kok Nic Hoogte Bill

Nic van Wyk

Het jy wat dit verg om ’n kookkompetisie te beoordeel? Dink nou mooi, want deel van die werk is om vir ’n klomp voortreflike minderjarige sjefs te sê om hulle sleutels op te hang. Hierdie deel van die werk kon nie maklik gewees het vir Kokkedoortjie-beoordelaar, Nic van Wyk, nie.

Deel met ons jou gunsteling-oomblikke tydens die verfilming van Kokkedoortjie.

“Om terug te wees op ’n stel en om saam met dié mense te werk, was fantasties gewees. Die kreatiwiteit van die mense wat die uitdagings uitdink en hoe dit bymekaar gesit word, is fenomenaal.”

Wat was die moeilikste deel van die verfilmingsproses?

“Jy moet besef jy werk met kinders. Jy moet kritiek lewer, wat die heeltyd vir daardie kind opbouend is en nie afbrekend is nie. Die uitstemproses was moeilik gewees vir ons. Jy raak geheg aan hulle en ’n kind se trane is baie erger om na te kyk as ’n grootmens s’n.”

Wat was jou gunsteling-tema?

“Die pizza-challenge was goed, maar die mystery box staan vir my uit. Daardie kinders het so min tyd gehad om voor te berei. Dit was ongelooflik om te sien wat hulle kan doen en hoe kreatief hulle kan wees met iets waarmee hulle nog nooit gewerk het nie.”

Wat het jy by die Kokkedoortjies geleer?

“Ek het definitief so een of twee tips by die kinders geleer. Ek sal tot die dag wat ek doodgaan leer van kos, want jy weet nooit alles nie. Byvoorbeeld, ek is mal oor Spanje en hulle maak ’n dis daar – churros – ’n deep fried deeg, en Edwin het funnel cakes gemaak, waar hy pannekoekdeeg gediepbraai het. Met sulke goed het ek geleer, jy kan altyd jou horisonne verbreed.”

LEES OOK: Mari-Louis se hoogtepunte

Kokkedoortjie se finaal word op 28 Junie om 20:00 uitgesaai. Herhalings word Donderdae om 15:00, Vrydae om 11:00, Saterdae om 14:00, Maandae om 16:00 en Woensdae om 13:30 uitgesaai. Gesels saam op Facebook en Twitter (gebruik die hutsmerk #Kokkedoortjie) en hou ons Instagram-blad dop!