Elke kuiken moet een of ander tyd die huis verlaat en vir tien Kokkedoortjies begin die avontuur op 5 April 2017.
Vir die wenner wag daar ’n ongelooflike gesinsreis oor die Middellandse See aan boord van ’n Norwegian Cruise Line-skip en vir die naaswenner ’n vyfster-gesinsvakansie by die Paradis Beachcomber Golf Resort & Spa in Mauritius – alles met die komplimente van Pentravel.
Al tien Kokkedoortjies kry ook geskenkbewyse van LekkeSlaap én ’n studiebeurs van R20 000, geborg deur Virseker.
Ander borge sluit in Pick n Pay, Olive Pride, NB Uitgewers, Rolkem, H&M, Diana Ferreira, Duram en Theo Paul Vorster.
Die mees gesogte prys is natuurlik die titel van Suid-Afrika se heel eerste Kokkedoortjie!
Volg die reis op ons webblad, Facebook, Twitter en Instagram.
Kokkedoortjie is Woensdae om 20:00 op die kassie.