Logo

Kokkedoortjie: Bly kalm en eet koek

Nuus
21 Junie 2017
Die Kokkedoortjies het dié week gebak dat die meel staan.
Kok Koekbak Bill

In die tweede laaste episode van Kokkedoortjie het die deelnemers fabelagtige ONverjaardagkoek gebak.

Edwin het ’n vanieljekoek, gedoop die “reënboogkoek”, gebak. “Ek is nie goed in bak of versier nie,” het hy gesê voor die uitdaging afgeskop het. Sy beslag het nie uitgedraai soos dit moes nie, en hy moes vinnig ’n ander plan beraam. Hy het verder sy mislukte truffle-mengsel gebruik om die koeklae aan mekaar “vas te plak”. Hy het sy koek verder met witsjokolade versier.

Christi se koek, “Mamma se kalorieë-monster”, is aan sy ma opgedra: “Sy is baie lief vir ons en sy werk baie hard,” het hy gesê. Dié vanieljekoek is versier met alles wat “nie gewoonlik op ’n koek behoort nie”, soos truffles en heuninglekkers.

Christian, die koning van fantasie, het ’n sebra-koek met Rice Krispies-sampioene en karamel-springmielies gebak. “My idees het nie heeltemal uitgewerk nie,” het hy gesê. Hy kon nie betyds sy eie karamel maak nie, en het toe ’n blikkie Treat nader getrek.

Kokkedoortjie is Woensdae om 20:00 op die kassie. Herhalings word Donderdae om 15:00, Vrydae om 11:00, Saterdae om 14:00, Maandae om 16:00 en Woensdae om 13:30 uitgesaai. Gesels saam op Facebook en Twitter (gebruik die hutsmerk #Kokkedoortjie) en hou ons Instagram-blad dop!