Logo

Kokkedoor Kardoes: Mei 2016

Nuus
12 Mei 2016
Die winkel is oop en jy kan nóú jou Kokkedoor Kardoes vir Mei bestel!
Kokkedoor Mei 01

Die winkel is oop en jy kan nóú jou Kokkedoor Kardoes vir Mei bestel!

Die Kokkedoor Kardoes is ’n konsep van uitgesoekte kos- en wynprodukte wat bekendgestel is deur sjef Nic van Wyk en smulpape landswyd met kardoeskoors kombuis toe sal stuur.

Dié inisiatief is ’n intekendiens wat kos- en wynliefhebbers die geleentheid bied om maandeliks ’n sorgvuldig-saamgestelde Kokkedoor Kardoes by hul huis of werkplek te ontvang.

Dit bevat wyne van die maand, ’n lekkerny, ’n kosbestanddeel soos speserye of olie, ’n drankie soos koffie, tee of spesialisteitsbier; asook kosmaak-verwante produk en ’n bederfie. ’n Resep word ook ontwikkel en getoets met die oog op die produkte van die betrokke maand se kardoes.

Kokkedoor Kardoes kos R550,00 en sluit afleweringkoste in by die huis of kantoor enige plek in Suid-Afrika.

Opsie 1 vir Mei bevat heerlike wyne, olyfolie, ’n pikante sous en smullekker toffiesmeer. Klik hier om meer te lees en opsie 1 te bestel.

34 kokkedoor mei 01


Opsie 2 vir Mei bevat onder meer ’n Koekedoor-voorskoot! Klik hier om meer te lees en opsie 2 te bestel.

Vir meer oor die Kokkedoor Kardoes, lees gerus hier.