Logo

‘Kokkedoor 3’ maak eers plek vir ‘Koekedoor 2’

Nuus
10 Julie 2015
Ná die sukses van Koekedoor, het kykNET besluit om ’n tweede seisoen van die reeks te laat vervaardig.
Tiaan
Ná die sukses van Koekedoor, het kykNET besluit om ’n tweede seisoen van die reeks te laat vervaardig. Koekedoor 2 sal in April 2016 op kykNET uitgesaai word, wat beteken dat kykers teen Junie 2016 twee reekse van Kokkedoor en twee reekse van Koekedoor sou gekyk het.

Ons is egter daarvan bewus dat daar in 2014 oudisie-notas vir die moontlike opname van Kokkedoor 3 uitgestuur is. Dié kennisgewings het ongelukkig verval. Sou daar dus ’n nuwe seisoen van Kokkedoor vervaardig word, gaan amateur-kokke weer moet inskryf.

Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit veroorsaak, en hoop ons sien julle almal by Koekedoor!