Logo
Koekedoortjie
web uni tv guide

Koekedoortjie

144KosprogramFamilie

Koekedoortjie: Seuns bly seuns

Nuus
26 Junie 2018
Edwin Theron van Kokkedoortjie-faam gee raad vir Nix en Wicus.
Koekedoortjie

Foto: Verskaf


Wie sal vir Edwin Theron? Dié eksentrieke jong sjef het diep in kykers se harte ingekruip toe hy in 2017 as wenner van Kokkedoortjie bekroon was. Maar waarmee hou hy homself deesdae besig? En wat sal sy raad aan Koekedoortjie se Nix en Wicus wees? Ons het gaan inloer.

  1. Waarmee hou jy jouself besig sedert jou deelname aan Kokkedoortjie?
    Vanaf Kokkedoortjie af hou ek myself besig met kosdemonstrasies. Ek doen klomp sport ook – ek doen stoei en hokkie as sport. En as ek tyd het, werk ek ook by Fowlers in Worcester. Hier help ek hulle in die kombuis om kos te maak en kos op te dien.
     
  2. Hoe het die publiek teenoor jou gereageer na jou deelname?
    Die publiek was baie gaaf teenoor my. Dit het my gemotiveer. Hulle was almal baie nice.
     
  3. Wat was vir jou anders nadat jy deelgeneem het aan Kokkedoortjie?
    Niks was eintlik regtig anders nie. Meer mense het my gegroet en my erken, wat bietjie vreemd is as jy in die winkels rondstap.
     
  4. Wat is jou raad aan Koekedoortjie-finaliste Nix en Wicus?
    Moet nooit ophou met wat jy doen nie. Gee altyd jou beste, en maak nie saak wie wat sê nie, hou altyd aan.
     
  5. Wie dink jy gaan gekroon word as Koekedoortjie se bobaas-bakker?
    Ek stem maar vir Wicus omdat hy ’n seun is. Ek is ’n seun, en daar is defnitief ’n konneksie. En ek hoop maar dit gaan nog ’n seun wees. So ek stem maar vir Wicus.


Ons blik terug op die oomblik:


 

Oomblikke na sy oorwinning het ons met Edwin en sy ma, Marietjie, agter die skerms gesels – kyk die video hier

Dié week reik ons finaliste Nix en Wicus na die sterre. Skakel Woensdag om 20:00 in om aan te hoor wie as wenner van Koekedoortjie bekroon gaan word.