Logo

Koekedoor Episode 5: Ons hou basaar

Nuus
10 April 2015
Die kompetisie tel spoed op, maar dié week het die Koekedore rede om fees te vier.
Resep Martjie Makrolletjie

Die kompetisie tel spoed op, maar dié week het die Koekedore rede om fees te vier. Niemand gaan vandag huis toe nie, kondig die beoordelaars aan, en ’n mens kan die deelnemers gesamentlik hoor sug van verligting.

Daar is nie ’n groter fondsinsameling as die basaar nie en die grootkoektafel trek altyd die meeste aandag. In die Koekedoor-stoor is dit basaar-tyd, en daar is ’n groot prys op die spel vir die deelnemer wat die beoordelaars vandag die meeste beïndruk: ’n blinknuwe Kenwood Chef Sense XL ter waarde van R15 000.

Watch out, Gerrit bak,” sê Gerrit. “Hy lag nie vandag nie; hy bák.”

Besoek Koekedoor se webwerf vir meer.