Logo

Koekedoor Episode 10: Bak vir die brei- en hekelklub

Nuus
15 Mei 2015
Die gedagte aan gevlegde soetgoed het sommige meer angstig gehad as ander.
Beoordelaars en Gerda
Die druk op die oorblywende vier Koekedore raak ál groter, en in vandeesweek se episode word daar op die top-drie besluit.

“Ek voel trots,” sê Gerrit. Vandág word daar vir die brei- en hekelklub gebak, en die Koekedore moet vleg- en draaiwerk baasraak.

Eerste is die tuisgebak-uitdaging, en die Koekedore moet koeksisters vir die beoordelaars voorsit. Die gedagte aan dié gevlegde soetding het sommige meer angstig as ander. “Gerda bak die beste koeksisters in die land,” sê Mareli.

“Die mense op die dorp noem my Ouma Rooi, of Tannie Koeksister,” sê Gerda. Sy gebruik haar ma se resep.

Koeksister-deeg móét geknie word, meen Mareli. “Daar is ’n koeksister-fabriek agter ons,” sê Mari-Louis oor Gerda.

Kyk die video hier onder, en lees meer op die Koekedoor-webblad.