Na die sukses van die eerste seisoen van Koekedoor, is kykNET trots om aan te kondig: Die soektog na die land se beste amateur-bakkers duur voort!
Inskrywings vir Koekedoor 2 sluit op 7 Augustus 2015.
Is jy so passievol soos Mareli, of so presies soos Martjie? Kan jy koeksisters vleg soos Gerda, of melktert bak soos Gerrit? Ons wag dan vir jou inskrywing!
Koekedoor 2 gaan weer in Tulbagh, op die bekende landgoed Twee Jongegezellen, verfilm word. Voornemende Koekedore kan solank hul vere regskud vir ’n gebak en gebrou vir gróót pryse.
Lees die reëls en voorwaardes deeglik deur, vul die inskrywingsvorm volledig in, en beplan solank ’n wenkoek vir die oudisierondes. Alle inskrywings wat ons teen 7 Augustus bereik, sal oorweeg word. Kandidate wat kwalifiseer sal voor 21 Augustus ’n oproep of e-pos ontvang.
Laai die inskrywingsvorm hier af: Koekedoor 2 Inskrywingsvorm
Laai die reëls en voorwaardes hier af (of lees hier onder): Koekedoor 2 Reëls en Voorwaardes
Die tyd om in te skryf… is nou!
Inskrywingsreëls en Voorwaardes
1. Jy moet 18 jaar of ouer wees op die dag van 19 September 2015.
2. Jy moet ’n Suid-Afrikaanse of Namibiese burger wees en jou eerste taal moet Afrikaans wees.
3. Koekedoor is gerig op amateurbakkers, wat hul bakvaardighede sonder professionele kwalifikasies of ondervinding in ’n professionele patisserie/sjefskombuis opgedoen het. Jy mag nie tans of voorheen as ’n bakker/bakster, kok of sjef in ’n professionele kombuis werk of gewerk het nie. Alle verwante kwalifikasies, bakkursusse, ervaring en belange by bakwinkels, tuisnywerhede en enige vorm waar vir inkomste gebak word, moet openbaar word, sodat die oudisiepaneel kan bepaal of jy as aansoeker binne die beskrywing as amateur of as professionele bakker val. Die oudisiepaneel se besluit is finaal en nie oop vir interpretasie of bespreking nie.
4. Die term “bak” verwys na die voorbereiding en bak van produkte soos brood, koek, soetgoed, pasteie, terte en beskuit/koekies. Die term “bak” verwys nie na ander vorme van kos wat in die oond gebak kan word nie.
5. Jy moet bereid wees om jou aan al die verfilmingsdae (vooraf vir profiele en dan van 19 September tot 19 Oktober 2015) te verbind.
6. Jy moet enige verbintenis aan kykNET of Homebrew Films baie deeglik en duidelik verklaar. Dit sal nie teen jou gehou word nie, maar het wetlike implikasies wat maak dat dit nie na die tyd uitgevind/verduidelik mag word nie.
7. Jy mag nie deelneem indien jy van enige ernstige oortredings of misdade aangekla is/was nie. Besonderhede oor onopgeloste oortredings moet ook die vorm vergesel.
8. Jy onderneem dat al die inligting soos in die vorm vervat, akkuraat is en te alle tye eerlik is. Indien jy gekies word om deel te wees van die program, gee jy toestemming aan Homebrew Films om ondersoek in te stel rakende die inligting wat verskaf is om sodoende die grondigheid daarvan te bepaal. Jy stem verder in om by te dra indien enigiets meer van jou verlang word.
9. Jou deelname aan en nakoming van die aansoekproses is nie ’n ooreenkoms met Homebrew Films om op die program te verskyn nie. Homebrew Films het geen verpligting om die program te vervaardig nie en al word die program vervaardig, berus die verpligting nie by Homebrew Films, kykNET of enige ander party om die program, met jou daarin en enige verfilming daarvan, uit te saai of te gebruik nie.
10. Wanneer daar na die aansoekvorms gekyk word, word die volgende in ag geneem: vaardighede, entoesiasme, dryfkrag, liefde vir bak, interessante en lewendige karakters wat gemaklik daarmee is dat hulle verfilm word. Aanvanklike keuring word op die aansoekvorm baseer. Dit is die vervaardigers se eie diskresie of hulle persone wat op die kortlys verskyn vir ’n verdere onderhoud wil nooi. Ons beoog om ’n verskeidenheid van finaliste te hê, wat die omvang van ouderdom, plekke van oorsprong, geslag en diversiteit van amateur-bakkers/baksters in Suid-Afrika kan weerspieël.
11. Deur die vorm in te stuur, stem jy in, indien jy gekies word, om aan die program deel te neem, om ’n vrywaringsvorm te teken wat aan Homebrew Films (en sy lisensiehouers en regspersone, insluitend kykNET) al die nodige regte en toestemming gee vir die volle tydperk van kopiereg (en daarna so lank moontlik) om jou bydrae as produk tot die program te kopieer, wysig en te gebruik tot eie diskresie as deel van die program – hetsy dit vir bemarking en promosie is en alle ander regte in die program, op watter manier ook al in die res van die wêreld, vir die res van tyd.
12. Jy stem in om alle inligting rakende die aansoekproses vertroulik te hou en nie enige inligting met die publiek te deel nie – dieselfde geld vir blogs of enige ander sosiale netwerke.
13. Aansoekvorms word deur Homebrew Films gehou en deur jou vorm in te stuur, gee jy aan Homebrew Films toestemming om die inligting daarop vervat met kykNET te deel. Homebrew Films en kykNET gaan jou persoonlike inligting slegs gebruik wanneer jou aansoek gelees en oorweeg word vir hierdie seisoen of toekomstige seisoene, asook vir administrasie-doeleindes indien jou aansoek suksesvol was. Jou persoonlike inligting sal nie gedeel word nie, behalwe in die geval waar ons verplig word of andersins met toestemming deur jou verleen. Die inligting word veilig bewaar ingevolge die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting en ander toepaslike wetgewing.
14. Homebrew Films se beslissing oor kandidate vir die program is volgens hul eie diskresie en kan nie geáppelleer word nie. Homebrew Films behou ook die reg om op enige gegewe oomblik, vir watter rede ookal, die beslissing aan te pas en om iemand met ’n ander aansoeker te vervang.
15. Indien jy ’n finalis van Kokkedoor 1 of 2 was (dws. in die Kokkedoor-stoor in Prins Albert gekook/gebak het vir 1 of meer episodes, of deel daarvan, van enige van die twee reekse) of een van die deelnemers van Koekedoor 1, dws. in Tulbagh se kombuis ’n oond aangeskakel het, mag jy ongelukkig nie vir Koekedoor 2 inskryf nie.
16. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 Augustus 2015. Indien jy teen 21 Augustus 2015 nog niks van een van ons personeellede gehoor het nie – hetsy telefonies of via e-pos – is jou inskrywing ongelukkig nie suksesvol nie.
17. Ek het die reëls soos hierbo vermeld, gelees en verstaan en deur hierdie vorm in te stuur, bevestig ek dat ek aan al die vereistes voldoen om aan hierdie program deel te neem.