Die meesterlike Mari-Louis Guy, Elizabeth Cloete en Tiaan Langenegger is weer Koekedoor se beoordelaars.
Ontmoet die deelnemers hier.
ELIZABETH CLOETE is ’n hoogs gerespekteerde veteraan van die Vrouelandbouvereniging (VLV) van Kaapland se beoordelaarspaneel, tuisgebak-kenner met ’n BSc-graad, voormalige biologie-onderwyser en boervrou. Na haar jarelange ervaring in die kombuis mis haar geleerde oog niks nie. Sy is ook almal se ouma – die wyse een na wie beoordelaars en deelnemers met ewe groot verwondering luister vir lewenslesse en bakraad.
MARI-LOUIS GUY, kosstilis vir plaaslike en internasionale kliënte, skrywer, koekontwerper en tendenskenner. Sy het unieke gebak ontwikkel vir die Fyngebak-uitdagings se tyd- en tegniektoets. Sy en haar broer, Callie Maritz, bedryf hul Cakebread-ateljee vanaf Kaapstad. Die boeke uit hul pen is Koeke ter viering van Liefde en Lewe (in 5de druk), Cakebread Pudding & Pie, Markdag, Onthaal op Groot Skaal en hul nuutste, EEN, is vanaf Julie op die rakke.
TIAAN LANGENEGGER, sjef en gekwalifiseerde patisseriebakker was die kinkelkok-wenner van Kokkedoor 1, die sustersreeks van Koekedoor. Hy is bekend vir sy vernuwing van tradisionele gebak en verwag dat deelnemers verbeeldingryk moet wees met die pronkgebak-uitdagings. Tiaan se opwindende nuwe studio vir kos en kreatiewe mense by die Spier-landgoed, is dieselfde plek waar sy ouers destyds getrou het.
Lees meer oor die nuwe seisoen van Koekedoor hier.