Logo

Knapsekêrels: Oomblikke wat ons geskok het

Nuus
04 April 2018
Ons kyk terug na die tonele wat ons vasgenael voor die kassie gehou het.
Knapsekerels-Hoogtepunte

Skalkie Fortuin. FOTO: Vernondo Boshoff

Knapsekêrels, uit die pen van Paul C. Venter en met Human Stark as regisseur en vervaardiger, sal vir sy sterk karakterisering, vlymskerp dialoog en opwindende aksietonele onthou word.

Die reeks pak korrupsie sonder handskoene aan en die storielyne word fyn en slim verweef deur karakters wat met mekaar verbind word.

Die storie is gesentreer in Mynie Bekker en Skalkie Fortuin se missies. Die knapsekêrels werk nie lank by die Duitse sakeman Hans Zimmerman nie of hul lewens, sowel as dié van hul gesinne, word op sy kop gekeer.

Kort voor lank word Mynie, Skalkie, Addie Zimmerman, Chantel Davids en selfs die Bekkers by ’n vete tussen Adam Davids en Zimmerman betrek. Boonop het die Bekkers en die Fortuins probleme van jul eie, wat ’n groot kopseer veroorsaak.

Laat weet ons op Facebook en Twitter by #knapsekêrels watter oomblikke jóú vasgenael voor die kassie gehou het. Hier is tien wat seker gemaak het ons keer elke week terug vir nóg:

1. Chilly se laaste heldedaad

2. Mynie skiet Skalkie per ongeluk raak, terwyl Baby se koeël Mynie tref

3. Chilly probeer Zimmerman teen Baby beskerm, maar misluk

4. Addie en Skalkie se plan loop skeef en Addie word ontvoer

5. Rachel vertel vir Skalkie sy en Cassandra is verkrag

6. Davids en Zimmerman wil in vrede ontmoet, maar Baby Tjoklits het ander planne

7. Mynie-hulle word onkant gevang deur Baby

8. Davids mors met Zimmerman en die gort is behoorlik gaar

9. Joey vernietig Karel se boeke, terwyl haar gesin haar probeer stopsit

10. Mynie en Skalkie stamp koppe ná Addie se ontvoering

Dinsdae is vir drama! Sara se Geheim se tweede seisoen word vanaf Dinsdag 10 April 2018 om 20:00 uitgesaai.