Logo

Knapsekêrels: 'Nie 'n happy ending nie'

Nuus
20 Februarie 2018
Hier is wat jy tot dusver moet weet.
Knapsekerels

Addie is ontnugter wanneer sy die volle verhaal hoor van die onderhandelinge tussen haar pa en Davids. FOTO: Uit vandeesweek se episode.

By die Davids-woning staan Davids en rook by die venster van al die stres. Baby Tjoklits, duidelik bewus van Zimmerman se planne sê geamuseerd: “They’re playing pool. They think I’m stupid.”

You’re not stupid. Mal, ja,” sê Davids.

New road, they are playing new road, move the target around to confuse the attack - they are making a big mistake.”

Addie en Zimmerman is besig om pool te speel. Zimmerman voel skuldig dat sy so gespanne is.

“Als was in plek. Die kontrak moes net deur ...toe soek hulle skielik ’n nuwe deal, amper ’n honderd miljoen meer. Davids het gesê hy kan hulle hou by die ou deal, hy’t die heel beste kontak…”

“Vir ’n geldjie?”

“Agt miljoen. In goud. Nege as die goudprys reg was toe hy verkoop het.”

Addie raak emosioneel en besluit om met die sak patats vorendag te kom.

Lees meer oor die vorige episode hier. 

Binne die hotel se parkeerkelder bekruip Mynie en Skalkie dié wat hulle dophou en rig die gewere op hulle. Hulle het vooraf uitgewerk hoe hulle sou optree: Skalkie is die bad cop en Mynie is die good cop.

Die drie lyfwagte roer nie en luister tjoepstil. 

“Dokter Davids is gelaai, hierdie manne pay maklik twee honderd duisend each,” sê Mynie.

Oh please, ek gee nie om hoe ryk Davids is nie, Baby Tjoklits pay nie eers sy eie bloedma twee honderd duisend nie,” kap Skalkie terug.

“Hoekom vra jy hulle nie? Hulle sal nie nagdiens stoot vir peanuts nie...”

Kyk die video: 

Brenda kom moeg en afgemat by die huis aan. Die kombuis is in ’n toestand en daar kleef lipstiffie aan die wynglas.

“Jy kan my nie net uitgooi nie, ek het gegoogle, daar’s ’n ding soos partner rights,” sê Samuel.

“Jy’s nie my partner nie. En die is my huis, so vat jou goed…”

Die gort is egter gaar toe ’n meisie met net ’n bra en ’n eina-broekie verskyn en Samuel sê sy moet terug in die bed klim.

“So dis jou game. Ek moet haar sien en jaloers raak of iets? Dink jy ek’s ’n kind?” Brenda het heel duidelik genoeg gehad. Sy pluk haar selfoon uit en dreig vir Samuel met haar prokureur.

By die Davids-woning is Baby Tjoklits warm onder die kraag ná Chantel se poging om te ontsnap.

“Baby. As jy haar seermaak, ek sweer…” sê Davids.

Your’e my job, she’s my job ­– why would I hurt you?” vra Baby Tjoklits.

Davids is desperaat en besluit om vir Baby Tjoklits van Chantel en Addie se planne te vertel.

Baby Tjoklits lag sinies. “Zimmerman knows, Adam! It’s a scheme! Can’t you smell a scheme?

“Nee, hy sal nie sy eie kind in gevaar sit nie.”

But we can use his scheme. Yebo. We can use it against him and Mynhard Bekker.” Baby stap na Chantel in die badkamer en beveel haar om vir Addie te bel. “We could use some money.”

Kyk die video:

Die liggie van die hek gaan aan en Skalkie daag daar op toe Addie, Zimmerman en Mynie stry of hulle vir Chantel kan vertrou. 

“Ons het ’n situasie by die hek. Ek dink jy beter gaan check,” sê Skalkie.

Die situasie by die voorhof was toe al die tyd Dirk in sy verkeersuniform.

“Wat de hel gaan aan? Wat soek pa hier?” Kort voor lank besef Mynie dat Chilly sy mond verby gepraat het.  

“Dis jou mal sussie se idee,” skerm Dirk.

Karlien bestuur die kar met Chilly in die passasierssitplek.  

“Karlien…jy gaan nie hier bly nie. Is jy van jou kop af?” sê Mynie.

Chilly stel sake in perspektief: “Give it up, bru. Sy hoor niks.”

Skakel in vir ’n nuwe episode van Knapsekêrels, Dinsdag om 20:00Gesels saam op Facebook en Twitter by #Knapsekêrels!