Logo

Knapsekêrels: ’n Skietstilstand

Nuus
27 Februarie 2018
Skalkie besef hy het drooggemaak.
Knapsekerels_Skalkie

FOTO: Uit vandeesweek se episode.

Kyk die video:

KYK OOK: Dawid Minaar gesels agter die skerms

Die spanning loop hoog daar waar Skalkie en Addie in die kar sit by die rugbyveld, besig om vir Baby Tjoklits te wag.

“Hy kan ons skiet soos hy my pa geskiet het,” sê Addie.

“Uh-uh, hy soek jou nie dood nie. Hy soek jou baie lewendig... vir Chantel ook, want dan’s julle iets werd.”

KYK OOK: Agter die skerms met Chilly

“Sê nou hy soek rêrig net die geld?”

I will hunt you down. Maybe dink hy hy gaan geld ook kry, dis ’n ekstra. Hy wil jou hê. Dan gaan hy jou pa en Mynie ook kry.”

“Hy gaan jou skiet, hy moet jou skiet as hy my wil vat…”

“Miskien kom hulle nie.” Dan tref ’n aaklige gedagte haar. “Oh my goddess, hy weet jy’s by my en Mynie is alleen, hy’s soontoe -”

“Moenie crack op my nie, hy sal nie sommer weer vir die huis gaan nie.”Kyk die video:

Die kar kom by ’n grondpad tot stilstand. Baby Tjoklits dwing ’n huilende Addie met sy pistool uit die kar. Baby Tjoklits klim ook uit, gryp die sak by haar en sien dat net die boonste note egte geld is.

“Yebo, I knew it! You’re paying me… Haibo!” Addie probeer wegkom, maar Baby Tjoklits rig sy wapen op haar.

“It’s your own freakin fault!”

“Who watches the movies?”

“Skalkie.”

KYK OOK: Wie is Skalkie?

“Very old trick. I like Skalkie. I’d like to shoot him.”

“Okay, sorry. We tried, it didn’t work.”

“You’re wrong. It’s working. I’ve got you now.”

“Don’t be stupid, you can’t do anything with me.”

“You think I just came for the money, huh? Who’s stupid now?”

Lees meer oor die vorige episode hier. 

By die Davids-woning staan Davids voor die venster en staar na die nag buite.

“Ek dink ek weet wat. As Baby my foon vir my teruggee, sal ek my pa bel. Ons moet hierdie hele ding uitsort. Dis gaan nie meer oor wie se skuld is dit nie, ons almal weet Baby vat dit te ver.”

“Dis nie Baby se skuld nie – dis julle Zimmermans. Te veel flippen geld. Almal skuld julle ’n lewe!”

“Dokter Davids.”

“Ek haat julle! Julle ken net een ding! Well, hello, Addie. Ek en Baby gaan julle wys net hoe werk daai ding!”

KYK OOK: ’n Blik op Karlien​

Kyk die video:

By die dansskool is Cassandra en Rachel besig om te tango met die mans wat hul haat. Rachel probeer nie eens om die haat uit haar oë te hou nie. Die man knipoog suggestief vir haar en vat met sy een hand aan haar boud. Rachel kan dit nie meer vat nie en knie hard hom hard. Hy sak inmekaar en die ander hou geskok op met dans.

“Ons het nie vigs nie. Nee….Maar raai wat? Ek is pregnant,” skree Rachel aan dié wat haar geskok aanstaar. “Een van julle varke is die pa van my kind!”

KYK OOK: André Odendaal

Skakel in vir ’n nuwe episode van Knapsekêrels, Dinsdag om 20:00Gesels saam op Facebook en Twitter by #Knapsekêrels!