Logo

Knapsekêrels: ‘Hy’s nou in charge’

Nuus
13 Februarie 2018
Addie en Chantel word betrek by die magstryd tussen Davids en Zimmerman.
Knapsekerels_Baby Tjoklits

Baby Tjoklits neem beheer van die situasie. FOTO: Uit vandeesweek se episode.
 

Langs die armed response-bakkie reageer die twee lyfwagte op die veiligheidshek wat oopgaan. Die suur gesig wat verskyn is dié van Baby Tjoklits, hande op die kop. Mynie en Skalkie stap agter hom aan, hul vuurwapens op hom gerig.

“Praat met jou kinders, Baby,” beveel Mynie.

Dump the bakkie,” sê Baby Tjoklits aan die vermomde lyfwagte. Hoewel die lyfwagte eerder wil baklei, klim hulle in die bakkie en ry weg.

Skalkie en Mynie bespiegel waar hulle vir Baby Tjoklits gaan skiet – “deur die kop of onder die gat.”

Baby Tjoklits kap terug: “I swear it. I will hunt you down.

And I will be right here waiting to kick your arse again. Laat jy ry. Gaan sê vir jou baas hoe useless was jy vanaand,” sê Mynie. 

Kyk die video hier: 

Zimmerman loop heen en weer in sy studeerkamer rond. Mynie wil hom nader met ’n besigheidsidee, maar Zimmerman val hom in die rede.

“Wat maak ons met Addie? Sy moenie te diep betrokke raak nie…”

“Ek sê nie dokter Davids target haar nie, maar kyk nou laasnag...sy kon 
in ’n cross-fire ingeloop het,” sê Mynie. Hy bevestig wat albei reeds weet: “Niemand soek ’n firefight nie, meneer, maar Baby Tjoklits gaan nie ophou nie.”

Zimmerman verstaan nie en Mynie verduidelik, “As Davids môre betaal wat hy meneer skuld...dan’s almal okay met mekaar?"

“Naturlich, dis besigheid...maar ek kan nie besigheid doen as dit uitkom jy verneuk my en kom daarmee weg nie. Dis oorlog,” sê Zimmerman. 

“Baby is presies waar meneer is. As dit uitkom hy’t opgeslip op hierdie mission...hy gaan nie sommer nog besigheid kry nie.”

“Julle moes die bastard uitgehaal het.”

Kyk die video: 

Rachel het haar pa opgespoor en besluit om ’n besoek af te lê by sy werk, Slabbert en Fortuin. Haar pa is ’n aantreklik man, netjies geklee met ’n trouring wat aan sy vinger pronk. Hy weet heel duidelik nie wie voor hom sit nie en flankeer openlik met sy dogter.

“Kan nie help om te sien jy’s ongetroud nie, dis baie slim van jou. Ek babbel. Jammer, ’n mooi vrou maak my bewerig, waarmee kan ek help?”

“My naam is Ragel. My ma se naam is Naomi. Ek dink jy weet wat maak ek hier.”

“Ek het nog nooit van die naam Ragel gehou nie. Dis te Bybels, soos Naomi. Ek wou jou iets soos Victoria noem. Weet jou ma jy’s hier?”

“Ja, maar sy wil nie hê ek moet hier wees nie.”

“Die liewe Naomi, vergewe en vergeet nooit nie.”

“My ma was reg. Jy verdien ons nie.”

“Ek het ongelukkig ’n afspraak. Was daar iets spesifiek? Jy weet ek het wettiglik afstand gedoen van julle. Jou ma wou ook nie onderhoud hê nie, so ek hoop nie jy dink ek skuld jou iets nie.”

Rachel raak kwaad en haal haar selfoon uit “Het jy geweet jou seun is ’n held? ’n Genuine hero?”

“Jy mors jou tyd, jy kan nie ’n manipuleerder manipuleer nie.”

Skalkie en Chantel se ontmoeting gaan heelwat beter. Mynie sien egter vir Chantel wat besig is om in die taxi te klim en hy konfronteer vir Skalkie in Chilly se kantoor. Mynie is woedend en lig uit dat sy Baby Tjoklits se "Trojan trick" kan wees.

“Weet Baby Tjoklits?” vra Mynie

“Ek weet nie. Ek sal hom vra as ek hom weer sien –”  sê Skalkie sarkasties.

Mynie druk amper sy wysvinger in Skalkie se neus op. “Moenie cute raak met my nie. Ek steek jou nie in die rug nie.”

By die Davids-woning volg ’n moeilike gesprek tussen pa en dogter.

I love you, Daddy. We will get through this,” stel sy hom gerus.

It’s not that easy,”  sê Davids.

Sy sê vir hom dat Addie vir hom die geld sal gee, solank haar pa net nie weet nie. Davids is skepties en sê dit gaan nie werk nie, dat Baby Tjoklits hulle wil dood hê.

Chantel probeer aan ’n plan dink in haar kamer tot Davids inkom en sê daar is ’n manier. Chantel was besig om te pak toe Baby Tjoklits hulle planne kortwiek.

There is nowhere to run,” verklaar hy.

You can’t make us stay here,” sê sy.

Op die oog af lyk alles vreedsaam buite die Zimmerman-huis, maar straatlangs kom die 4X4 aangery en hou ’n ent van die herehuis af stil. Daar sit drie lyfwagte met wapens.

Addie bel vir Chantel, maar Baby Tjoklits antwoord: “Yebo, how can I help you?” Addie druk dood.

Mynie se ergste vermoedens word bevestig. “Hy’s nou in charge.”