Logo

Knapsekêrels: Die poppe gaan dans!

Nuus
06 Maart 2018
Zimmerman en Davids reël ’n ontmoeting. Kan hulle mekaar vertrou?
Knapsekerels_Dawid

FOTO: Uit vandeesweek se episode.

Kyk die video hier:

Mynie vra vir Chilly in sy kantoor hoeveel wapens hulle het. “Ek soek als gelaai met back-up clips.”

All the back-ups are loaded. Always,” stel Chilly hom gerus.

Okay, you keep one. Ek en Skalkie sal die res handle.”

Mynie se selfoon lui en hy antwoord bekommerd.

“Jou ma is uit haar job uit,” vertel ’n hartseer Dirk.

“Iemand vermoor my,” sê Mynie.

“Sy is retire om menslike redes, Mynhard. Jy moet hierdie gemors skoonmaak en jy moet ’n besigheid hieruit kry. Ek het ook nog net twee maande, dan sit ek ook by die huis.”

Relax, dit gaan werk, pa. Moet my net nie nou drop nie, asseblief.”

Mynie belowe sy pa dat alles die volgende dag verby sal wees. 

Kyk die video: 

Binne die Fortuins se sitkamer onthaal Naomi vir Brenda en Skalk. Eers gesels hulle oor koeitjies en kalfies en dan vra Skalk hoe Skalkie met vroumense is. Naomi gee hom ’n kyk, kap kwaai terug en sê dat Skalkie hom nie gaan bel nie.

“Naomi,” sê Brenda. “Ek het vir Skalk saamgevra - as prokureur. Ek sit met ’n bietjie van ’n probleem. Sy naam is Samuel.”


Skalk verduidelik dat Naomi die probleem kan oplos en dat sy saam met Brenda teen Samuel kan getuig oor ’n horlosie wat in sy sak geplant is. Al wat Naomi moet doen is om onder eed te verklaar dat sy nie die horlosie gevat het nie.

“My Ragel is verkrag,” sê Naomi. “Sy verwag die vark se kind.”

“Ek hoor wat jy sê. Jy dra jou eie kruis. Hy’s swaarder as myne,” sê Brenda.

“Jy’t jou kruis self gemaak. Hou op seuntjies looi en kry jouself ’n man.”

Lees meer oor die vorige episode hier. 

By Zimmerman se huis, stap Skalkie in die gimnasium in, minwetend wat op pad is.

“Meneer soek my?”

“Addie is ’n klein hardegat. Maar jy’s opgelei. Jy behoort van beter te weet.”

“Ek weet, meneer, ek...”

“Mynie het jou môre nodig, maar dan’s dit klaar. Jy werk nie meer hier nie, Fortuin.”

KYK OOK: Wie is Skalkie? 

Dié wat verantwoordelik is vir Naomi se hartseer, sit om ’n tafel en kuier saam.

“Daar is ’n probleempie aan die groei in Rachel Fortuin se maag,” sê die vrou bekommerd.

Die mans voel nie dis hul probleem nie, maar die vrou beweer sy het in Rachel se “vlammende ogies” gekyk en “daai 
pop is lus vir moeilikheid”.

“Ek gaan optree. Rachel Fortuin en haar spookbaba gaan verdwyn. Verstaan ons mekaar?”

“Sê jy wat ek dink jy sê?” vra die een man.

“Heeltemal. Weg vir ewig. Verstaan ons mekaar?”

Kyk die video:

Skakel in vir ’n nuwe episode van Knapsekêrels, Dinsdag om 20:00Gesels saam op Facebook en Twitter by #Knapsekêrels!