Logo

Klim en klouter – Boer soek ‘n vrou

Nuus
24 Maart 2022
Die boere het hulle pasmaats se vriende en familie ontmoet in vandeesweek se episode van Boer soek ‘n vrou.
Klim en Klouter Artikel Image

Dit lyk wel asof al die boere ‘n uitstekende eerste indruk gemaak het op die ‘skoonfamilie’ en daar is beslis al ‘n vonkel in die oog vir ‘n paar boere...

Boer Johan en Arina gaan beslis nie gras onder hulle voete laat groei nie en Arina daag hom reeds uit om meer avontuurlustig te wees en ‘n kanse te waag soos om ‘bacon jam’ vir die heel eerste keer te probeer toe hulle gaan wynproe het.

Boer Petré het sommer reeds Lourize se ouers ontmoet toe hy haar gaan aflaai het na sy klaar by hom gekuier het op die plaas. Sy wou iets spesiaal vir hom reël wat hy nie aldag op die plaas kan doen nie, daarom het sy gereël dat hulle ‘rock climbing’ gaan doen – haar kompeterende sy het uitgekom, maar Petré staan nie terug daarvoor nie – ons is seker daarvan dié tweetjies kan kompeterend raak ook enigiets.

Boer Tyson en Alri het tyd saam spandeer op haar familieplaas en het sommer vinnig die ‘four wheeler’ afgestof om so die plaas te verken. Daarna het hulle bietjie gaan roei en toe hy sy hom nog ook bederf met ‘n piekniek-mandjie propvol van sy gunsteling kosse.

Boer Nelis was effens skaam gewees toe hy Esmerélda se vriende ontmoet het by die braai, maar ons vermoed dat dié twee die skoot hoog deur het – veral na Esmerélda ‘n bier-proe gereël het vir hulle twee en hom bederf het met ‘n platter propvol kaas...

Skakel volgende Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe die vakansie gegaan het vir die Boer soek ‘n vrou-paartjies. Jy kan ook dié reeks binge op die DStv-app of op Showmax. Gesels ook saam op sosiale media deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik.