Logo

KKNK 2015: F is vir Films

Nuus
30 Maart 2015
Bring die familie vir vermaak onder die sterre en geniet dubbele vertonings elke aand van ou films, kortfilms en films wat nog die loket moet tref.
Capture
Hierdie jaar by die KKNK is F vir Films met kykNET.

Bring die familie vir vermaak onder die sterre en geniet dubbele vertonings elke aand van ou films, kortfilms en films wat nog die loket moet tref.

Jy kan elke aand ’n piekniekmandjie koop by kykNET se Kokkedore voor jy jou gunsteling akteurs ontmoet op die skerm of in lewende lywe.

Kom ook na ons Moviehuis vir gratis daaglikse vertonings van trotse kykNET & Kie films.

Ons spel fees met ’n F vir films hierdie jaar by die KKNK.