Logo

Kinder-kaskenades met Nic

Nuus
18 April 2018
Koekedoortjie-beoordelaar Nic van Wyk gesels oor kinders en die kombuis.
Koekedoortjie_Nic en Cub

FOTO: Nic en sy dogter Hilary 

Restauranteienaar. Sjef. Koekedoortjie-aanbieder. Dis maar net ’n paar van die rolle wat Nic van Wyk vervul. 

Een van sy belangrikste rolle is egter pa-wees vir sy dogter, Hilary. Hieroor is hy net so skreiend eerlik soos wat jy hom voor die kameras beleef.

LEES OOK: Mari-Louis oor kinders en die kombuis

Sonder om te huiwer, gee hy vir sy dogter ’n vyf wat kombuisvaardighede aanbetref. “Sy is mal oor eet, maar sy het maar partykeer ’n klomp duime, so sy kan ’n broodjie maak of haar eie ontbyt doen. Maar sy gaan nou nie vir ons ’n driegang-maaltyd in die kombuis kan doen nie,” verklap hy.

Hy erken dat hy maar min by die huis bak, maar as hy wel bak, help sy graag. “Hoe meer sy kan mors hoe gelukkiger is sy.”

Volgens Nic is ’n goeie ouderdom vir ’n kind om in die kombuis te wees van so agt jaar af, wanneer kinders al sekere take gegee kan word om te doen. “Na dit kan hulle dalk self begin om maklike goed te doen. Jy wil nie hê ’n kind moet te veel flops maak as hulle klein is nie – hulle mag dalk net hulle liefde vir bak verloor.”

Kyk die skattige video.

Nic glo ook nie daar is ’n goeie intreevlak-dis vir kinders onder tien nie. “Vra eerder vir jou kind wat dit is wat hy/sy wil maak, en pas die resepte so aan dat hulle dit sal kan doen. Iets soos beskuit is lekker, want al flop dit so bietjie, kan jy dit nog steeds gebruik.”

Oor kombuisgereedskap is hy dit eens dat ’n goeie skaal van kardinale belang is vir goeie bak. “Jy kan nog wegkom om met die hand te meng, maar as jou bestanddele nie reg afgeweeg is nie, gaan jy baie sukkel.”

Met klein Hilary wat al met selfvertroue agter die kospotte intree, kan ons nie anders as om notas te vat by dié gesoute kosman nie. 

LEES OOK: Maak jou kombuis ’n speelplek

Koekedoortjie saai Woensdae om 20:00 op kanaal 144 uit. Moenie die volgende aflewering misloop nie. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Koekedoortjie.