Logo

Kies jou Kokkedoor

Nuus
26 September 2019
Wie is jou Kokkedoor-spanmaat?
Kokkedoor Top-6

Met al die Wêreldbeker-aksie, is dit geen wonder dat daar so ’n mededingende-gees in die lug is nie – dus beslis nie ’n uitsondering in die Kokkedoor-kombuis nie! Gedurende die afgelope weke het Kokkedoor-aanhangers die deelnemers baie goed leer ken. So, ongeag of jy ’n aspirant-kinkelkok of onthoukok is, het jy heel waarskynlik al gedagdroom oor watter een van die Kokkedore uit die Top-3 spanne beste saam met jou kon werk. As jy nog steeds nie gekies het nie, moenie bekommerd wees nie, ons het vir julle handel-kaarte geskep om jul besluit makliker te maak.

Onthoukok Ralph

Hierdie self-geproklameerde ‘mal Queen’ het vroeg in die seisoen vertel dat sy verhouding met kosmaak met net ’n eier begin het. Al is hy ’n uitstaande onthoukok, is sy geheime-krag dat hy maklik sy spanmaats se harte kan steel.

Kinkelkok Pasch

Hierdie hoogs-bekwame kinkelkok mag eers intimiderend lyk, maar hy het eintlik ‘n sagte hart. Die kokkedore wat hom al as ’n spanmaat gehad het sal stem dat dit genotvol is om met Pasch te kook. Hy sal net nie te goed doen in enige uitdaging wat 'n geskrewe-lys vereis nie.

Onthoukok Sonja

Hierdie streng juffrou is nie bang om haar moue op te rol en te werk nie. As daar ’n groot uitdaging voor jou staan dan is onthoukok-Sonja beslis wie jy nodig het!

Kinkelkok Pieter

Kinkelkok-Pieter lyk dalk altyd ontspanne maar dit beteken beslis nie dat hy nie sy weg om die kombuis ken nie. Maar hy het een vreemde swakheid waarmee sommige aspirant-kokke sal sukkel – groente.

Onthoukok Wilhelmina

Wilhelmina mag dalk ’n aangename spanmaat wees, maar teenstanders moet haar nie onderskat nie. Hou maar jou oog op hierdie onthoukok voordat sy stilweg agter jou aansweef.

Kinkelkol Anmar:

Anmar het al orals om die wêreld gekook so haar internasionale ervaring is beslis 'n voordeel. Maar is jy ’n spanmaat benodig met ’n bietjie iets-ekstra dan is hierdie voormalige-roller-derby-koningin jou beste keuse.

As jy nog steeds nie kan besluit nie, kan jy elke Donderdag om 20:00 met die Kokkedore op kykNET (DStv-kanaal 144) kuier. Laat weet ons wie jy kies op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk #Kokkedoor op sosiale media te gebruik.