Logo

Kies altyd kommunikasie – Boer soek ‘n vrou 13

Nuus
03 Maart 2021
Volgens menigte kenners is kommunikasie tussen paartjies die belangrikste aspek van ‘n gesonde verhouding.
BSV Kommunikasie artikel

Met dié dat van die pasmaats in vandeesweek se episode huis toe gestuur word, het ons ‘n paar wenke gaan opsoek oor hoe gesonde kommunikasie lyk. 

Kommunikasie is ‘n handige tool wat jy kan gebruik om konflik te hanteer en om jou emosies oor te dra op ‘n gesonde manier – wat die sleutel is tot ‘n lang en gelukkige verhouding.

Hier is ‘n paar wenke vir gesonde kommunikasie:

  • Dit is oop, eerlik en kwesbaar.

Dit kan intimiderend wees om kwesbaar met iemand te wees en om eerlik te kan kommunikeer oor ‘n probleem of argument, maar dit is al manier om tot by die oorsaak van die probleem te kom. Dit is slegs wanneer jy die volle waarheid kan erken aan jouself en jou geliefde dat julle op ‘n positiewe manier kan kommunikeer om die probleem op te los.

  • Dit is aangesig-tot-aangesig.

Dit is soms onaangenaam om in persoon met iemand te kommunikeer oor ‘n probleem wat jy ervaar. Die voordeel van aangesig-tot-aangesig kommunikasie is dat jy die persoon kan sien, hulle stemtoon kan hoor en sodoende miskommunikasie kan vermy.

  • Dit oordeel nie.

Die moeilikste deel van openhartig met iemand kommunikeer is die vrees om geoordeel te word. Maar dit is ontsettend belangrik om in ag te neem dat dit nie sal gebeur in ‘n gesonde verhouding nie.

  • Dit gaan oor ‘n verstandhouding.

Maak seker jou geliefde weet dat jy net die beste wil hê vir beide van julle. Die doel is om by ‘n middeweg uit te kom – nie oor om die argument te ‘wen’ nie.

  • Moet nie aanneem nie.

Dit gebeur soms maklik om net aan te neem jy weet wat jou geliefde dink of voel. Maar neem die tyd en vra vir jou geliefde hoe hulle voel en of hulle daaroor wil praat.

  • Dit valideer emosies.

Gesonde kommunikasie valideer beide partye se emosies. Neem kennis van hoe jou geliefde voel en wat jy kan doen in die toekoms om seker te maak dat jy jou geliefde se emosies verstaan, sowel as die oorsake van daardie emosies.

Loer hier na Marciel se wenke om gesonde kommunikasie te handhaaf. 

Ons sal moet wag tot vandeesweek se episode van #BoerSoeknVrou om te sien of daar gesonde kommunikasie plaasgevind het tydens die eerste paar dae op die plaas.

Onthou om saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik en om ook vorige seisoene en episodes te stream op Showmax.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel