Logo

Kersvader bring feestelike vermaak

Nuus
19 November 2018
Hou die hele familie vasgenael dié feesseisoen.
Light-Lounge-Studio-134 copy

Foto: Lighthouse Lounge

Vanjaar wag daar hope vermaak onder die kykNET-kersboom. ’n Rits gewilde musiekkonserte is in Desember te sien op kykNET se familie van kanale.

Emo vier 30 jaar 

Saterdag 15 Desember om 20:00 – kykNET, DStv-kanaal 144 en Maandag 31 Desember om 20:30 – kykNET&kie, DStv-kanaal 145

Emo Adams vier 30 jaar in die musiekbedryf by die Grand West Arena in Kaapstad. Beleef hierdie hoogtepunt saam met bekendes soos Kurt Darren, Robbie Wessels, Tarryn Lamb, Katlego Maboe en vele meer. Daar is ook ’n spesiale optrede deur Emo se pa, Omar Adams, asook die groep JAG. Kliek hier en kom in die bui

Handel se Messias met Levy Sekgapane

Sondag 23 Desember om 10:30 – kykNET, DStv-kanaal 144

Handel se Messias met die gekombineerde kore van die Kaapstadse Jeugkoor en die Junges Vokalensemble Hannover. Die soliste is Levy Sekgapane, Minette du Toit-Pearce, Magdalene Minnaar en Bongani Kubheka en CTYC-feesorkes onder leiding van dirigent, Leon Starker. Opgeneem tydens ’n lewendige konsert in die Memorial Hall van die Universiteit van Kaapstad in Maart 2018.
 

Gospel Skouspel 2018 

Dinsdag 25 Desember om 21:30 – kykNET, DStv-kanaal 144

Tien van die land se top gospelkunstenaars deel vanjaar die verhoog by Gospel Skouspel, insluitende Juanita du Plessis, Riana Nel, Jo Black, Joe Niemand, Retief Burger, Rouchelle Liedemann, Johan Brits en Henry Pike. Die immergewilde groep Romanz het ook ’n eksklusiewe reünie-optrede by Gospel Skouspel 2018. Blaai hier deur foto's.
 

Starlight Classics 2018

Maandag 31 Desember om 21:30 – kykNET, DStv-kanaal 144

Hierdie Afro simfoniese huldeblyk aan ons pragtige land bring ’n versameling van diverse musikale talent en ongelooflike instrumentaliste saam onder die leiding van die legendariese maestro, Richard Cock. Die Kaapse Filharmoniese orkes en die Mzansi Youth Choir tree saam met Lira, Craig Lucas, Cecilia Rangwanasha, Siyabonga Maqungo, Amira Willighagen en Riana Nel op.

1542709149 34 starlight classics
Starlight Classics

 

Afrikaans is GROOT 2017

Maandag 31 Desember om 21:30 – kykNET, DStv-kanaal 144

Afrikaans is Groot 2017, Die Konsert, is ’n jaarlikse hoogtepunt op die vermaaklikheidskalender en is die grootste Afrikaanse konsert in die wêreld. Konsertgangers word vermaak deur van die grootste Afrikaanse liedjies sowel as van hul gunsteling kunstenaars, asook asemrowende visuele vermaak!

Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Riana Nel, Bobby van Jaarsveld, Laurika Rauch, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue, Corlea Botha, Touch of Class, Monique Steyn, Jannie Moolman, Jay, Dewald Wasserfall, Die Heuwels Fantasies, Snotkop, Kurt Darren, Liani May, Bok van Blerk, Refentse Morake, Loki Rothman, Arno Jordaan en die hoogs professionele orkes, het wêreldklas vermaak aan konsertgangers verskaf.
 

Wes-Kaapse Bokkie Toekennings 2018

Vrydag 7 Desember om 21:00 –kykNET NOU!, DStv-kanaal 146

Die Wes-Kaapse Bokkies beloof om vanjaar groter en beter as ooit te wees. Hierdie spoggeleentheid is eie aan die Wes-Kaap en vanjaar word kunstenaars, akteurs en sportsterre weer vereer vir hul prestasies in verskeie kategorieë. Bekende kunstenaars soos Snotkop, Jan Blohm, Emo Adams en Tarryn Lamb is onder die benoemdes. Blaai hier deur foto's.
 

Hip Pops

Vrydag 21 Desember om 21:00 – kykNET NOU!, DStv-kanaal 146

Kaapstad is lank reeds bekend vir sy rou, teruggetrokke en sosiaal-bewuste benadering tot hip-hop. Daar is die afgelope tyd ’n aantal jong kunstenaars wat ’n meer lighartige benadering tot lirieke en ritme volg. En nou, vir die heel eerste keer in die musiekgeskiedenis, word hierdie genre met klassieke musiek gekombineer. Hierdie is ’n eenmalige musiekkonsert, eie in sy soort, en gaan Suid-Afrika aan die gons hê.

Kyk uit vir kunstenaars soos Jack Parow, Hakkiesdraad Hartman, DJ Ready D, Early B, YOMA en Ernestine Stuurman (sopraan). Die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes is ook deel van hierdie produksie, met Shimmy Isaacs as MC. Loer gerus hier.
 

Kaapse Khoi Jazz Legends

Vrydag 28 Desember om 21:00 – kykNET NOU! DStv-kanaal 146

Kaapse Khoi Jazz is ’n viering van die bekendste Suid-Afrikaanse jazz van die afgelope paar dekades. Hierdie produksie, onder leiding van die jazz-pianis Camillo Lombard, sal jou op ’n romantiese en nostalgiese reis deur tyd neem. Het jy al na dié foto's gekyk?
 

Die Krone 5-konsert 

Maandag 31 Desember om 20:00 – kykNET NOU!, DStv-kanaal 146

Krone 5 gaan die dak lig met die klanke van immergewilde treffers wat deur van Suid-Afrika se top kunstenaars uitgevoer sal word.

Die kunstenaars by vanjaar se Krone-konserte is Andriëtte Norman, Brendan Peyper, Elandré Schwartz, Elizma Theron, Franja du Plessis, Jo Black, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Liezel Pieters, Manie Jackson, Nadine, Nicholis Louw, Ray Dylan, Refentse, Ricus Nel, Robbie Wessels, Ruan Josh en Snotkop en sal sorg vir ’n sterbelaaide program. Daar sal natuurlik ook, soos altyd, ’n paar verrassings wees!