Logo

Karlien van Jaarsveld is verloof

Nuus
17 September 2016
Die gewilde popster Karlien van Jaarsveld en haar kêrel, Joe Breytenbach, het vandag verloof geraak.
Karlien van Jaarsveld Verloof
Die gewilde popster Karlien van Jaarsveld en haar kêrel, Joe Breytenbach, het vandag verloof geraak.

Karlien het dié goeie nuus met haar aanhangers op Facebook en Instagram gedeel – “voor die media doen”.

In die inskrywing sê Karlien dat baie mense wil weet wie die man is wat haar hart gesteel het.

Die popliefling en die “gewone ou, met ’n gewone werk” het eintlik al 11 jaar gelede in Potchefstroom ontmoet en ’n soen gedeel, waarna Joe die pad Frankryk toe gekies het.

34 karlien insta verloof


Joe het toe weer sy verskyning gemaak – “sonder ’n wit perd, in ’n swart hemp en ’n stywe swart jean met een baie groot smile…”

Sy is “baie happy en baie happy om dit met julle te kan deel,” het die sangeres verder gesê.

Jukebox: Karlien van Jaarsveld

Karlien het ’n tweeling seuntjies saam met die voormalige Springbok-rugbyspeler Derick Hougaard. Derick en Karlien het verlede jaar aangekondig hulle gaan skei.