Karen Zoid, Carike Keuzenkamp en Pedro Kruger het Donderdagaand kykNET-kykers op ’n nostalgie-reis geneem met hul weergawe van die ikoniese Afrikaanse liedjie, “Byeboerwa”.
Carike en Pedro was gaste op Karen se gewilde geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika.
Karen het “Byeboerwa” saam met Carike gesing, met Pedro agter die klavier.
Kyk die video hier onder:
Sedert die derde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika op 7 Januarie begin het, het Karen se verwerkings van geliefde liedjies dadelik Suid-Afrikaanse iTunes-treffers geraak.
Die huidige seisoen se treffers is: “Dis ’n Land” (saam met Snotkop), “Jantjie” (saam met Emo Adams), “African Dream” (saam met Vicky Sampson), “Tussen Woorde” (Juanita du Plessis), “Met jou aan my sy” (Les Javan), “Moments Away” (Claire Johnston) en “Groen Trui” (Jan Blohm).
Karen het in 2015, met die tweede seisoen van haar geselsprogram, vir weke die topposisie op iTunes se trefferlys gehaal.
Dié album, Republiek van Zoid Afrika, Volume 2, het nou met die nuwe seisoen nuwe aandag van musiekliefhebbers getrek. Dit is die afgelope weke weereens een van die gewildste albums op iTunes.
“Byeboerwa” is nóú op iTunes aflaaibaar.
Kyk Republiek van Zoid Afrika, Donderdae om 20:30.