Logo

Kampkos ll: Só kook ons!

Nuus
13 Maart 2016
Kampkos, ’n uitbreiding van kykNET se leefstyl- en kampeerprogram SleepTV, keer op Donderdag 7 April 2016 om 17:30 terug vir ’n tweede seisoen.
Kampkos ll Edwin

Kampkos is terug!

In hierdie seisoen van smullekker-kuier besoek aanbieders John-Henry en Beáte Opperman idilliese kampterreine terwyl hulle kosmaak, kuier en klets met groot geeste in die vermaaklikheidsbedryf.

Hierdie keer maak hulle lekker kampkos al die pad van die Noorde tot in die Weskus. Kykers kan lekker resepte verwag van gaste soos Jak de Priester, Dozi, Bianca le Grange, Jakkie Louw, Modder en Bloed-akteur Edwin van der Walt, Koekedoor-beoordelaar Tiaan Langenegger en selfs die stoute Jonathan van die Oos-Rand. Maak ’n punt daarvan om te kom kyk hoe hierdie bekendes heerlike resepte maklik en vinnig opdis en dít alles in die asemrowende natuurskoon wat Suid-Afrika bied.

Kampkos, ’n uitbreiding van kykNET se leefstyl- en kampeerprogram SleepTV, keer op Donderdag 7 April 2016 om 17:30 terug vir ’n tweede seisoen.





Kyk hier na die voorskou:


Kyk Kampkos vanaf 7 April, Donderdae om 17:30.