Logo

Kamers: Lente 2016

Nuus
29 September 2016
Kamers bring die afgelope 14 jaar ’n fees van kreatiwiteit en uitsonderlike produkte deur talentvolle Suid-Afrikaners na verbruikers.
KAMERS Makers Summer 2016 banner_FB copy

Na die onvergeetlike herfsmark in April by St. Johns College dié jaar, gaan Kamers aan die einde van September die groeiende gemeenskap van ons land se kreatiewe en innoverende entrepreneurs na Sandton neem.

Dié nuwe lentemark is ’n reaksie tot die groot aanvraag vir handgemaakte produkte in Gauteng – uit die hand van die vervaardiger direk aan die publiek verkaf.

Die mark word aangebied by Galleria, ’n immergewilde bestemming in Kramerville, en dien ook as bekendstelling van dié nuwe Sandton-spasie.

34 kamers makers summer 2016 banner fb copy


Tydens dié geleentheid sal Kamers weereens kreatiewe entrepeneurs die geleentheid bied om betrokke te raak by ’n baie unieke kleinhandelswêreld.

Dié jaar sak die gordyn op Kamers se veertiende jaar – ’n jaar waarin dit Suid-Afrika se kreatiewe lig selfs verder gedra het – by Open Window/Southdowns College in Irene.

Vanjaar is Absa betrek as borg en markgangers sal voorgestel word aan ’n innoverende kontantlose-sisteem wat nóú Kamers by alle toekomstige geleenthede sal vergesel.

Absa sal ook nuwe tegnologie by Kamers ten toon stel om aan handelaars en kopers ’n voorsmakie te gee van hoe vinnig en maklik dit word om jou banksake maklik en vinnig af te handel.

Wees ook op die uitkyk vir die Incub8-handelaars – jong entrepeneurs wat deur Kamers gementor word tydens die bekendstelling van hul opkommende besighede.

Kamers beoog om die landskap van kreatiewe markte regoor die land te verbind en die betowering daarvan verder te neem jaar na jaar.

Hier is die ’n lys van belangrike datums:

Kamers 2016: Johannesburg - Lente
28 September - 2 Oktober 2016
Galleria, Kramerville, Sandton
09:00 tot 17:00, daagliks

Kamers 2016: Stellenbosch
1 - 6 November 2016
Anura Wynlandgoed
09:00 tot 17:00, daagliks

Kamers 2016: Irene, Pretoria
28 November -4 Desember 2016
Open Window, Southdowns
09:00 tot 17:00, daagliks

Toegang:
R50 (sluit ’n pragtige Kamers-inkopiesak in, handgedruk deur Breytenback Sentrum se gemeenskapsprojek in Wellington)
5-dag-kaartjies beskikbaar teen R100
Afslag vir studente en pensioenarisse
Gratis toegang vir onder 18’s
Kaartjies beskikbaar by die hekke teen R70 of by www.plankton.mobi

Kry ons aanlyn:

kamersvol.com | facebook.com/kamersvol | Twitter & Instagram: @kamersvol

Doen inkopies aanlyn by shop.kamersvol.com

34 kamers makers summer 2016 design 700x990fb copy