Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

Kalmte en vrede

Nuus
22 Mei 2022
Elaine het sélf besluit haar reis kom tot ‘n einde.
Elaine Article Image

In vandeesweek se episode van In die sop, het Francois die dames uitgenooi op ‘n river rafting- uitstappie.

Tydens die uitstappie het Elaine besluit om Francois in te lig oor ‘n baie moeilike keuse wat sy gemaak het: Om haar Op my eish-reis te beëindig.

Sy vertel dat dié keuse nie maklik was om te neem nie, maar dat sy gevoel het dat dit nodig was sodat sy nie langer deel van die proses is terwyl iemand anders moontlik kan huis toe gaan wat hom nog beter wou leer ken nie. Sy noem ook dat sy ‘kalmte en vrede’ ervaar het na sy met Francois gesels het oor die keuse en haar redes hoekom sy die stap geneem het.

kykNET se digitale span was daar gewees om eksklusief met haar te gesels oor die onverwagse kinkel.

Elaine se reis het tot ‘n einde gekom op Op my eish, maar haar soektog na liefde is beslis nog nie verby nie. Ons kan nie wag om te sien wat die toekoms alles vir dié dinamiese vrou inhou nie!

Bly ingeskakel op kykNET, kanaal 144 vir al die nuutste verwikkelinge wat in die Laeveld plaasgevind het. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik.