Logo

Jukebox: Stem vir jou gunsteling-musiekvideo op WeChat

Nuus
19 Februarie 2016
Jukebox gee kykers die geleentheid om hul keuse van musiekvideo’s uit ’n weeklikse roterende speellys van 30 op WeChat te kies.
kykNET WeChat Logo

Jukebox gee kykers die geleentheid om hul keuse van musiekvideo’s uit ’n weeklikse roterende speellys van 30 op WeChat te kies.

Hoe werk dit?



– Hou kykNET se Facebook-blad dop.
– Kykers sal aan die begin van elke week die kans kry om musiekvideo’s op dié Facebook-blad te nomineer wat hulle graag gedurende die regstreekse uitsending van Jukebox, Saterdae om 19:30, op die speellys wil sien.
– Die Jukebox-span stel daarna ’n lys van 30 musiekvideo’s saam en laai dit op WeChat.
– Kykers het dan 24 uur om vir hul gunsteling-musiekvideo te stem.
– Die Jukebox-span stel dan ’n speellys saam van die 15 musiekvideo’s wat die meeste stemme op WeChat gewerf het.
– Dié musiekvideo’s sal dan in die volgende week se uitsending van Jukebox op die speellys wees.

Hoe stem ek op WeChat?

Laai die kitsboodskapdiens WeChat (dit is gratis in Android of Apple se aanlyn winkels beskikbaar) af en gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg. Gaan na die “Jukebox”-kategorie op kykNET se WeChat-blad en stem!



Terme en voorwaardes

– Wanneer jy ’n lied op Facebook nomineer, maak seker daar is wel ’n bestaande musiekvideo daarvoor.
– Jy kan ’n video nomineer deur op die bepaalde Facebook-inskrywing te klik en jou nominasie in die kommentaarkassie te skryf. Moet asseblief nie jou nominasie(s) op ’n ander plek op Facebook skryf nie, anders sien ons dit dalk nie raak nie.
– Slegs musiekvideo’s waarvan Jukebox die regte besit en wat deur kykNET goedgekeur is, sal in aanmerking kom.
– Wanneer die top-30-lys op WeChat gelaai is, het jy net 24 uur om vir jou gunsteling-video te stem.
– Jy mag net een keer stem.