Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

#JouKwêlaDorp van die Jaar 2018

Nuus
04 Februarie 2018
Dit is tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie! Vanjaar in samewerking met Afrikaans.com, KIA en National Accommodation Association of South Africa (NAA SA).
Kwêla Dorp van die Jaar

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land? Benoem nóú jou gunsteling dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!

Wie kwalifiseer:

Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:

  • Minder as 500 000 inwoners het
  • Nie ’n streekswenner in die laaste twee jaar was (2016: Hermanus, Loxton, Kirkwood, Paul Roux, Hentiesbaai, Ballito, Potchefstroom, Dullstroom, Hoedspruit. 2017: Mosselbaai, Margate, Nespruit/Mbombela, Hoopstad, Tzaneen, Vanderbijlpark, Barkley-Oos, Van Zylsrus, Gobabis. ).
  • Vorige Wendorpe mag vir 5 jaar na hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie (De Rust, Sabie, Fouriesburg , Middelburg, Hentiesbaai en Mosselbaai.).

Hoe dit werk:

Benoem jou gunsteling dorp uit enige streek deur die dorpsnaam na 33157 te SMS (SMS’e kos R1,50). Inskrywings open op 4 Februarie 2018 om 18:00 en sluit 16 Februarie 2018 om 12:00. Jy kan soveel dorpies benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS, en soveel sms’e as jy wil in hierdie benoemings-rondte).

Daar sal uit nege streke gekies word:

1. Gauteng en Noordwes saam.
2. Noord-Kaap
3. Oos-Kaap
4. Wes-Kaap
5. Vrystaat
6. Limpopo
7. Mpumalanga
8. KwaZulu-Natal
9. Namibië

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die semi-finale rondte (op 4, 11 en 18 Maart). Hier kry die publiek vir ’n week lank ’n geleentheid om vir hul gunsteling dorp te stem. Die rondte laat net 30 sms’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale rondte.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies gaan verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek vanaf 27 Mei om 18:00 tot 1 Junie 2018 om 12:00 vir die wendorp kan stem.

Die wendorp word op 17 Junie 2018 op Kwêla aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1-miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45-sekonde advertensie oor die dorp vervaardig wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n groot KIA-dorp-van-die-jaar-makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal wéér daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.

Kyk die video: 


 

Bepalings en voorwaardes:

1. ’n Dorp kwalifiseer vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie as die getal inwoners minder as 500 000 is en die dorp of woongebied nie binne ’n metropolitaanse gebied val nie.
2. Die vorige twee jaar se streekwenners kan nie benoem word nie. 
3. Vorige wendorpe mag vir vyf jaar nadat hulle as wenner aangewys is, nie weer aan die kompetisie deelneem nie.
4. Kykers kan enige dorp in Suid-Afrika of Namibië wat nie deur punt 1, 2 of 3 uitgesluit word nie, benoem.
5. Om ’n dorp te benoem, moet die naam van die dorp na 33157 geSMS word. Dié nommer is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië.
6. As die naam van die dorp onlangs verander het, of in die proses is om te verander, kan die ou of nuwe naam per SMS ingestuur word.
7. Deelnemers hoef nie op ’n dorp te woon om dit te benoem nie.
8. Die benoemings sluit Vrydag 16 Februarie 2018 om 12:00.
9. Tydens die benoemings-rondte is daar geen beperking op die getal dorpe wat deur ’n individu benoem mag word nie.
10. Tydens die benoemingsfase is SMS’e per selfoonnommer onbeperk. In alle ander fases van die kompetisie word SMS’e tot 30 per selfoonnommer beperk.
11. Vir die doeleindes van die kompetisie word elke provinsie in Suid-Afrika as ’n streek beskou, behalwe Gauteng en Noordwes wat saam een streek vorm. Namibië word as die 9de streek ingesluit (Noord-Kaap; Oos-Kaap; Wes-Kaap; Gauteng/Noordwes; Vrystaat, Limpopo; Mpumalanga; KwaZulu-Natal; Namibië).
12. Die vyf dorpe per streek met die meeste benoemings word aan die beoordelaars, wat uit verteenwoordigers van Kwêla en kykNET saamgestel is, voorgelê.
13. Die beoordelaars kies drie uit die vyf dorpe met die meeste benoemings per streek vir die semifinale rondte van die kompetisie.
14. In die semifinale rondte kry die publiek die geleentheid om deur hulle SMS’e die streekswenners te bepaal.
15. Die sluitingsdatum vir elke streek sal op Kwêla bekend gemaak word en die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.
16. Wanneer elke streek se wendorp bekend gemaak is, kry kykers die geleentheid om in die finale rondte vir die Dorp van die Jaar te stem.
17. Aan die einde van die finale rondte sal die dorp met die meeste stemme as Kwêla se Dorp van die Jaar aangekondig word.
18. Die sluitingsdatum vir die finale rondte is Vrydag, 1 Junie 2018 om 12:00​
19. Die wendorp sal op Kwêla bekend gemaak word op Sondag, 17 Junie 2018​.
20. Die SMS-stemlyn vir die kompetisie is 33157. Dié nommer is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië.
21. ’n SMS kos R1.50.
22. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.
23. Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting en identifikasie-dokumente aan die organiseerders verskaf om die pryse te kan opeis.
24. ’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die resultate van al die stemprosesse oorsien en verifieer.
25. Die onafhanklike ouditeursfirma se beslissing is finaal.
26. Geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
27. Wenners kan versoek word om op Kwêla te verskyn of vir publisiteitsdoeleindes vir ander media gefotografeer te word, maar die wenners kan die versoek toestaan of afwys.
28. Deelnemers neem op eie risiko deel. Kwêla, kykNET en Afrikaans.com aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat direk of indirek met die deelname aan die kompetisie verband hou nie.
29. Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word, is Kwêla, kykNET en Afrikaans.com nie verantwoordelik vir die pryse of koste van SMS-inskrywings nie.
30. Werknemers van Kwêla, kykNET en Afrikaans.com sal nie vir die pryse in aanmerking kom nie.
31. Geen familielid van Homebrew Films of Afrikaans.com mag vir die kompetisie inskryf nie.
 

Pryse:

32. 2018 se Dorp van die Jaar wen R1-miljoen in bemarkingswaarde van kykNET, en ’n 30-sekonde advertensie oor die dorp, gemaak deur Homebrew Films vir uitsaai in kykNET se advertensietyd.

Vir navrae, kontak Martin Gouws of Therese Bam by 021 422 3452 of stuur ’n epos na [email protected].

Gebruik die hutsmerk #JouKwêlaDorp op  FacebookTwitter en Instagram en laat weet ons watter dorp die gesogte titel verdien.