Logo

Jakkie Louw sing Sinatra

Nuus
04 Maart 2015
Jakkie Louw het onlangs by Silverstar Casino van die legende Frank Sinatra se gewildste liedjies gesing. Ons het voor die vertoning met Jakkie gesels.
kn_musiek_jakie_louw

Jakkie Louw het onlangs by Silverstar Casino van die legende Frank Sinatra se gewildste liedjies gesing. Ons het voor die vertoning met Jakkie gesels en uitgevind hoekom het hy besluit om juis Sinatra se liedjies te sing - dit alles te danke aan 'n idee wat hy gekry het toe sy ouma verlede jaar 90 geword het. Hy het begin met een Sinatra vertoning en toe die kaartjies uitverkoop het, het hy besluit om nog vertonings te doen.

Min van sy aanhangers weet dat Jakkie ook 'n skrywer van formaat is - hy het onlangs 'n boek geskryf, 'Die Musikant se handboek'. In die video-onderhoud gesels hy meer daaroor.

*Kyk hier na foto's van die geleentheid.