Logo

Jak reis na gister – vir ’n vyfde keer!

Nuus
07 Desember 2016
Reis na Gister-aanbieder Jak de Priester neem van ons land se bekendes op ’n nostalgiese reis na hul plek van oorsprong. Lees meer oor die vyfde seisoen hier.
RNG S5 Elvis

Agter die skerms saam met Jak de Priester en Francois van Coke.


Jak de Priester, aanbieder van die reeks Reis na Gister, neem van ons land se bekendes op ’n nostalgiese reis na hul plek van oorsprong.

Geboortehuise, speelplekke, aangename koeltes en soms selfs net afgebreekte murasies, is deel van die herinneringe wat opgeroep word.

Soos wat Jak die reis saam aangepak het, het hy besef hoe plekke en ervarings uit elkeen se kindertyd ’n wesenlike invloed op die mens se lewensfilosofie en denkrigting het. Met sy eerlikheid en spontane aanslag, het Jak diep in die harte van die kykers ingekruip.

In die opwindende vyfde seisoen gaan kuier Jak by onder andere Elvis Blue, Leandie du Randt, Stian Bam, Minki Joubert, Toks van der Linde en Francois van Coke!







Skakel in vir Reis na Gister, vanaf 4 Januarie 2017 – elke Woensdag om 20:00!