Logo

Jagveld vat die pad

Nuus
13 Februarie 2017
Om die uitreiking van Jagveld op 17 Maart 2017 te vier, gaan dié film op ’n landswye toer. Kom ontmoet die akteurs!
Jagveld

Om die uitreiking van Jagveld op 17 Maart 2017 te vier, gaan dié film op ’n landswye toer. Kom ontmoet die akteurs!

Jagveld, ’n naelbyt-aksieriller, is deur die bekroonde meester van rillers, Deon Meyer, geskryf en spog met met Leandie Du Randt, Neels van Jaarsveld, Tim Theron, Tertius Meintjies en ander gewilde plaaslike akteurs in die rolverderling.

Lees meer oor Jagveld hier.

Wat die Jagveld-toer opwindend maak is die feit dat mense van regoor die land ’n kans gaan kry om Jagveld heel eerste te sien – spesiale voorvertonings in ongewone plekke (waar films nie sommer vir die eerste keer gewys word nie).

Jagveld tref die grootskerm met impak en lewer spanningsvolle elemente van die aksie-genre met die ondersteuning van atmosferiese kamerawerk, ’n draaiboek van internasionale formaat, meesleurende musiek- en klank-effekte, die doodstille Karoo-landskap en uitstekende dog senutergende toneelspel deur ’n uitmuntende groep akteurs.



Moenie die kans om Jagveld te kyk en die akteurs te ontmoet misloop nie!

Waar en wanneer?


34 jagveld screenings


 

18 Februarie 2017: Kleinmond

23 Februarie 2017: Stellenbosch Wynfees, Warwick-wynlandgoed

24 Februarie 2017: Ster-Kinekor Tygervallei, Kaapstad

25 Februarie 2017: Getafix Garden Café, George

1 Maart 2017: Apollo-teater, Victoria-Wes

2 Maart 2017: The Snowflake, Potchefstroom

3 Maart 2017: Mimosa Mall, Bloemfontein (dakparkering-area)

4 Maart 2017: Nu Metro The Strip, Welkom

9 Maart 2017: Scene VIP - Nu Metro Parkview, Pretoria-Oos

10 Maart 2017: Mogolklub-funksiesaal, Ellisras

10 Maart 2017: Hoërskool Pietersburg, Polokwane

11 Maart 2017: Marken-boeresaal (krieketveld), Limpopo

15 Maart 2017: Labia-teater, Kaapstad

17 Maart 2017: Kunstegrot, Thabazimbi

18 Maart 2017: Bidvest Wanderers-stadion, Johannesburg

Besoek Jagveld se Facebook-blad of webblad vir besprekings en meer besonderhede.