Logo

Bestel só jou jaareind-Kokkedoor Kardoes

Nuus
31 Oktober 2016
Bestel sommer nóú jou jaareind-Kokkedoor Kardoes teen R300 – dis die perfekte geskenk!
Kokkedoor Corporate Kardoes

Bestel sommer nóú jou jaareind-Kokkedoor Kardoes teen R300 – dis die perfekte geskenk!

Die Kokkedoor Kardoes is ’n konsep van uitgesoekte kos- en wynprodukte wat bekendgestel is deur sjef Nic van Wyk en smulpape landswyd met kardoeskoors kombuis toe sal stuur.

Dié inisiatief is ’n intekendiens wat kos- en wynliefhebbers die geleentheid bied om maandeliks ’n sorgvuldig-saamgestelde Kokkedoor Kardoes by hul huis of werkplek te ontvang.

Sjef Nic het as aanbieder van kykNET se werklikheidsreeks Kokkedoor ’n bekende gesig op die Afrikaanse kostoneel geraak en bedryf sy restaurant Bistro 13 op ’n Stellenbosch-wynplaas. Hy gaan binnekort weer op die kassie wees as aanbieder van Kokkedoortjie.

Hy vertel meer oor sy nuwe konsep: “Vandat ek in die Boland bly besef ek van nuuts af dat ons mooi land se rykdom ook lê in die groot verskeidenheid van sy kos en wyn. Dis jammer dat net ’n handjievol mense maklike toegang tot van hierdie topklas-produkte het.”

Hy wys ook uit dat hoewel baie van die uitstekende Kaapse kos- en wynverskaffers reeds bekende gesigte op winkelrakke is, daar ’n magdom kleiner, minder bekende verskaffers is wat ongelooflike kwaliteit lewer. “Hierdie klein verskaffers het nie altyd toegang tot hul mark nie, weens beperkte kapitaal of kapasiteit wat hulle verhinder om hul uitstekende produkte op die kleinhandel-rak te kry.”

Die jaareind-Kokkedoor Kardoes sluit in:

1 x Tokara Sauvignon Blanc – 750 ml
1 x Stellenbosch Vineyards Bushvine Pinotage – 750 ml
1 x Tokara-olywe – 250 g
1 x Tokara-olyfpasta – 125 g
1 x Darling-toffies – Honey & Salt – 150 g
1 x Beary’s-makadamia-neutbotter – 200g

Klik hier om jou bestelling van minimum tien kardoese te plaas.

Vir meer oor die Kokkedoor Kardoes, lees hier.