Logo
Vet Kans
web uni tv guide

Vet Kans

144RealiteitsprogramPG

Hoe werk Medi-lean? – Vet Kans

Nuus
24 Desember 2018
Lees meer.
Vet Kans _MediLean

Medi-lean is ’n mediese verslankings-program wat slegs voorgeskryf kan word deur mediese praktisyne wat fokus op gewig, voorkomende medisyne en algemene gesondheid. Die program is ontwikkel deur dr. Chantelle Eybers (MBChB) en mnr. Ruaan Louw (B.Pharm, MBA, MSc, PhD Pharmaceutics). Die fokus van dié program is spesifiek om die oorsaak van vetsug te behandel met integrerende medisyne om sodoende langtermyn resultate te bied.

Die program is gebasseer op dr. A.T.W. Simeon se diëet, ’n mediese praktisyn wat in 1954 begin het met studies oor MCG (menslike chorioniese gonadotropien). Deur die jare is verskeie studies gedoen wat gelei het tot waar ons vandag is. Die kombinasie van MCG, ’n baie lae kilojoule diëet en Medi-lean-aanvullings help pasiënte om vinnig en effektief vet te verbrand, die metabolisme te herstel en sodoende gewig af te hou. Die unieke kombinasie is so geformuleer dat slegs abnormale, ongesonde vet verbrand word terwyl spiermassa en gesonde vetstore (bruin vet) behoue bly. Aangesien energie uit die oormatige vetstore vrygestel word is pasiënte, ten spyte van ’n baie lae kilojoule diëet, nie veronderstel om oormatig honger te voel of lus te word nie. Indien dit wel die geval is, is daar gewoonlik ’n onderliggende probleem wat aangespreek moet word deur 'n mediese praktisyn.

Nie net het MCG ’n positiewe uitwerking op Leptien (’n hormoon wat die metabolisme en hongerte beïnvloed) nie, maar ook op enige ander matige hormoon-wanbalans, byvoorbeeld insulien-weerstandigheid, skildklier probleme en selfs stres. Dit stimuleer ook die produksie van manlike en vroulike hormone wat onderdruk word deur slegte eetgewoontes, slaapsteurnisse en verhoogde stresvlakke veroorsaak deur ons moderne leefstyl. Deur hierdie wanbalanse aan te spreek sal pasiënte nie net vinniger gewig verloor en afhou nie, maar die totale wanbalans sal weer herstel word vir algehele gesondheid.

Tydens die instandhoudings-fase van die program word daar gefokus op gesonde eetgewoontes, hormoon-wanbalanse, vitamien- en mineral-tekorte, sowel as genetiese faktore wat kan lei tot ’n toename in vet. Die geneesheer wat tydens hierdie fase pasiënte behandel pasiënte help om eersgenoemde te herstel of te ondersteun.

Soos veroudering plaasvind, verander metabolisme, hormoon-produksie en omstandighede wat natuurlik ’n invloed het op jou vermoë om jou gewig stabiel te hou. Jou Medi-lean-praktisyn kan jou vergesel op jou reis na gesondheid, om te verseker dat jy jou lewe ten volle kan geniet.

Vir meer inligting, besoek die Medi-lean-webblad en skakel vandag jou naaste Medi-lean-praktisyn.