Logo

Hoe om voor te berei – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
22 Oktober 2019
Hier is jou gids om elke episode ten volle te geniet!
Hoe om voor te berei _BSV

Met die boere wat vandeesweek hulle briewe ontvang en (hopelik) hul soeke na liefde voor die kamera gaan voortsit, is dit belangrik vir die kykers om totaal en al op hul gemak Donderdae-aande om 20:00 te wees.

Om hiermee te help, het ons ’n paar voorstelle om die perfekte ‘pamperlang-pakkie’ saam te stel om elke episode te geniet (met al die kinkels en draaie wat daarmee gepaardgaan!).

HIER IS WAT JY VAN DIE FORMAAT MOET WEET. 

Versnaperinge

Om aan ietsie te peusel terwyl die episode uitsaai is uiters belangrik (vind ons) vir ons emosionele welstand. Goeie idees vir peusel-kos is biltong, springmielies en iets ekstra ongesond soos nacho’s met ekstra kaassous!

Die rede hiervoor is dat jy jouself darem met kos kan troos as jou gunsteling boer toe nie genoeg briewe gekry het om aan te gaan met sy soeke na liefde voor die kamera nie. Nog ’n rede is vir later in die reeks wanneer die boere van hulle gekose pasmaats moet huis toe stuur.

Drinkgoed

Dit is belangrik om goed gehidreer te bly tydens die episode – hetsy dit is deur rooibostee te drink of selfs ’n glas wyn – of twee! Hierdie is belangrik vir al die trane wat gestort word in tydens die reeks wanneer ’n hart gebreek word. Of selfs wanneer die blydskap-trane oorloop wanneer jy kan sien dat ’n boer sy ware liefde gevind het.

Geniet vinnig ’n koppie koffie met Leah: 

Snoesigheid

Een van die belangrikste benodighede vir Boer soek ’n vrou is sneesdoekies vir die uiters emosionele tonele. Dit is nooit lekker om te sien hoe iemand huis toe gestuur word nie – veral nie wanneer die pasmaat werklik oulik is nie.

’n Ander belangrike gemak-item is uiteraard jou gemaklikste klere – niemand wil ongemaklik wees terwyl hulle na die nuutste episode kyk nie.

Om te hoor hoe Leah oor sosiale media voel, kyk ook hierna: 

Die belangrikste item waarsonder jy nie Boer soek ’n vrou kan kyk nie, is jou selfoon of tablet. Dan kan almal saam gesels deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.