Logo
Suidooster TX change Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

Hierdie November in jou gunsteling kykNET-sepies

Nuus
08 November 2021
Lees hier meer oor wat jou gunsteling kykNET-sepie vir jou inhou hierdie November.
Getroud met rugby – November hoogtepunte

Getroud met rugby
Die Stryders kry ’n nuwe hulpafrigter, Henk Swart, en Amanda en Kristien kompeteer vir sy aandag. Gaan hy egter een van hulle kies?

Simon sukkel om huis te hou met Renate se obsessiewe kompulsiewe gedrag. Dinge raak lelik wanneer Renate vir Simon om ’n egskeiding dagvaar en vir alleentoesig oor Regardt veg.

Jordan en Bibi het groot nuus waaroor almal baie opgewonde is. Daar word uiteindelik behoorlik fees gevier!

Buks en Blitz daag mekaar uit in hulle eie seksieste man-kompetisie. Dit lei tot ’n video van Buks wat op die internet beland waarin hy sy gedig ‘Skarumba Nooi’ rap. Die video gaan ‘viral’ en Nesie besluit daar en dan dat hulle ’n musiekvideo moet opneem, met Candice se hulp.

Iemand lek vertroulike inligting oor die Stryders.
Ronnie vind uit iets skokkends het met Ivy in haar woonstel gebeur.
Nesie moet ’n plan beraam wanneer Buks herhaaldelik met ‘iemand’ in sy slaap begin baklei en sy vir sy houe moet koes.

Getroud met rugby is weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Suidooster
Trouklokke lui in Ruiterbosch! Tyron en Lee-Ann haak uiteindelik die knoop deur en hul geliefdes en vriende jubel! Boonop lyk dit of liefde ook aan die deur van nog ’n lid van die Jacobs-gesin kom klop met Donovan wat Bridgette se voete onder haar uitslaan.

Hul verhouding mag dalk die oë laat rek, maar hulle gaan nie sommer dat enige iemand in die pad van hul geluk staan nie. Dan begin ’n paar geraamtes in Donovan se kas ratel… Daar is oorlog by die Samsodiens en AB sien rooi as hy uitvind oor Nazeem se kriminele gekonkel om vir hom ’n nuwe nier te kry.

En wanneer AB uitvind Mymoena het meer geweet as wat sy voor gee, begin hy opnuut twyfel oor hul huwelik. Susan en Elana se planne om ouers te word, kry momentum, maar ’n onvoorsiene affair kan die einde van hierdie paartjie beteken.

Suidooster is weeksdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET & kie (DStv-kanaal 145).

Binnelanders
November in Binnelanders is dit tyd om te veg vir die waarheid, wat reg is, en wat goed is. Steve moet sy huis in orde kry wanneer die finale datum vir die aanneming van Vicky en Ruan bekend raak. Gaan Steve 'n besluit kan neem oor wie die kinders se voogde sal wees indien daar iets met hom moet gebeur? En hoe moet hy vir Tracy hanteer wanneer sy en Ruan baie nou saamwerk aan 'n projek? Steve gaan sy hande vol hê, veral wanneer Janneke Stuurman besluit om aan te sluit by Binneland Kliniek...

Die Ferreira-huishouding is in rep en roer wanneer die waarheid oor Trudie se skorsing by die skool drama besorg. Trudie is tog nie 'n meisie wat sommer net kattekwaad sal aanrig indien daar nie 'n goeie rede daarvoor is nie - of sou sy? En wat het Mamma Renate te sê oor die huidige stand van sake - en Trudie se nuwe planne vir die toekoms?

Annelize en Tertius se nuwe verhouding laat heelwat koppe draai - en gee Binneland Stereo heelwat om oor te praat. Maar net soos die stof wil gaan lê daag Delia Richter en Rian Malherbe op, en die nuwe paartjie moet onbekende terrein trotseer om uit te vind of hierdie 'n liefde is wat gaan hou.  

Binnelanders is weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Onthou om weeksaande in te skakel vir jou gunsteling kykNET-sepie en ons saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerke #kykNETGMR, #Suidooster en #Binnelanders te gebruik.