Logo
Die broer toer – Slim Billboard
web uni tv guide

Die Broer Toer

144ReisprogramPG13 L

Hier kom 'n ding! – Die broer toer

Nuus
26 Maart 2021
Die Broer Toer word later vanjaar op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
Untitled design

‘n Dominee, ‘n akteur en ‘n entrepeneur gaan op ‘n motorfietstoer. Dis nie die inleiding tot ‘n grappie nie, maar die avontuur van ‘n leeftyd wat die Fourie-broers binnekort aanpak in die reeks, Die Broer Toer.

In 2020 het kykers ‘n voorsmakie gehad van die lawwe manewales waartoe die akteur, regisseur en skrywer, Bennie Fourie en sy broers, Reynold en Wilbrie, in staat is in die loodsepisode van Die Broer Toer.

In dié loodsepisode het die drie broers die Tankwa-Karoo op motorfietse aangepak. Daar was verskeie uitdagings wat dinge interessant gehou het en die verloorder telkens lelik op sy neus laat kyk het.

Die doel van die loodsepisode was om te bepaal of kykers in ‘n volle reeks sou belangstel en om potensiële borge vir die program te vind. Die reaksie was só oorweldigend positief dat die broers kon begin beplan aan hul 23-dag motorfietsavontuur.

“Dit het drie jaar van bloed en sweet gevat om Die Broer Toer op die lug te kry, maar toe die loodsepisode uitsaai, en ons sulke oorweldigende mooi terugvoer kry, het ons eers hard begin werk om die show aan mekaar te sit. Deels omdat ons die show graag vir die land wou wys, maar hoofsaaklik omdat ons vir drie weke weer agter op ‘n motorfiets wou klim!

Die broers pak die Sederberge, Weskus, Richtersveld en Kalahari aan en die geharde streke slyp hul tande, want as daar een ding is wat die broers nie het nie, is dit ervaring.

Die Broer Toer word later vanjaar op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai – om en by die tyd waarteen die broers se rowe genees sal wees…