Logo
Hotel

Hier kom die bruid! – Hotel 4

Nuus
24 Februarie 2020
In die maand van liefde… loop die liefde hoog in Hotel.
Danny & Malanie Trou - Hotel 4

In vandeesweek week se episode van Hotel loop die emosies hoog met die beplanning van Malanie en Danny se troue, Ferdie wat stiefoupa-broeis raak en Thomas en Jony se liefdes-rusie.

Dodgy Mike, Malanie en Danny se trou-beplanner (wedding planner), praat ‘n gat in Danny se kop om tussen die lyne te lees as Malanie noem dat sy slegs ‘n klein troue wil hê. Na menigte verkeerde geïnterpreteerde sinne, glo Danny vas dat Malanie hulle troue by Sun City wil hou. Wat finansiëel sin maak vir Danny, aangesien hy Malanie se bankkaart gebruik om die deposito te betaal en glo dat ‘Save the Date’ eintlik ‘Save for the Date’ beteken en dat die gaste dus help betaal vir die troue.

Intussen, probeer Ferdie almal oortuig om swanger te raak sodat hy ‘n stiefoupa kan word. Na mislukte sukses, stem hy in om ‘n bulletjie-rugbyspan (wat teen die allemintige ‘Great College’ moet gaan speel) te borg én hul afrigter te wees.

Met Jony & Thomas wat nie hulle hande – en monde –  van mekaar kan afhou nie, vergeet Thomas sy foon by Jony. Tot gevolg besef Jony dat Thomas nogsteeds die app ‘Vlinder’ op sy foon het. Na hul eerste rusie as ‘n paartjie, soek hulle oplossings by  hulle lewensafrigter, Jony se eks-kêrel Gawie. Hier vind Thomas, en ‘n baie verbaasde Jony, uit dat Gawie besig is om ‘n plan te beraam om Jony terug te wen.

Met die warrelwind van gebeure het Danny besluit om Malanie die troue van haar drome te gee. Met ‘n once-off Jaap-skepping  en ‘n marshmallow-ruiker stap Ferdie saam met Malanie tot by die kansel.

Almal is gelukkig… totdat Jaap skrik en badkamer toe hardloop, as hy omdraai om na die spieël te kyk,  sien ons ‘n groot handgeskrewe tatoeëermerk op sy lae rug wat lees ‘J🖤ny’.

Blaai hier deur die trou-album:

Gallery

Gesels saam deur die hutsmerk #Hotel te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.