Logo
web uni tv guide

Safari 4x4-Roetes

144LeefstylPG

Hier Gaan Ons Alweer: Petri se nege lewens

Nuus
13 November 2017
Die gewilde Hier Gaan Ons Alweer-aanbieder Petri de Wet lewe in die vinnige baan.
Hier Gaan Ons Alweer Billboard

Die gewilde Hier Gaan Ons Alweer-aanbieder Petri de Wet lewe in die vinnige baan. 

Die 16de reeks van die geliefde hengelprogram is tans op die kassie te sien en dit is vanselfsprekend dat daar heelwat uitdagings langs die pad was gedurende die 15 jaar op lug.

Petri is ook deel van Safari 4x4 Roetes.

Met Petri as busbestuurder, is daar nie altyd tyd vir ’n pap wiel nie, altans nie met sy stampvol skedule voor en agter die skerms nie.

Sonder dat kykers daarvan bewus was, het Petri deur die jare deurgedruk met verfilming terwyl hy siektes soos malaria, bosluiskoors, varkgriep en bilharzia opgedoen het. Hy het ook al met ’n gekraakte elmboog, ’n gebreekte hand en geskeurde linkerskouer-ligamente verfilm. Tog benader Petri elke vis met dieselfde opgewondendheid wat van hom ’n huishoudelike naam gemaak het. Daar is hoeka op radio gesê: “dié man kan tot ’n koei opgewonde maak oor visvang.”

KYK: HIER GAAN ONS ALWEER - WENK #1

Die jongste aflewering van Hier Gaan Ons Alweer, het egter die grootste uitdaging tot dusver ingehou. Net ná Petri klaar verfilm het in Angola, was hy in ’n vratsongeluk betrokke waarin hy sy regterskouer ontwrig het. Dit nét twee weke voor hy na Rusland vertrek het om Suid-Afrika te verteenwoordig in die Artlure Wêreld Kampioenskappe.

Petri het dadelik 'n skouerspesialis gaan sien en ’n MRI gedoen. Ná die ondersoek is daar vir Petri gesê hy kan onder geen omstandighede verder hengel voordat hulle opereer nie. Soos ons Petri ken het hy baie vinnig vir die dokter vertel daar is nie 'n manier nie.

Ná hy teruggekeer het van Rusland, het hy ten spyte van ongelooflike pyn én dokters en fisio’s wat hulle koppe in ongeloof skud, aangehou verfilm aan die program. “Ek sal dit vir niemand aanbeveel nie, maar ek moet sê ek het nog nooit uithouvermoë en deursettingsvermoë op dié vlak beleef nie,” vertel Petri.

KYK: HIER GAAN ONS ALWEER - WENK #2

Volgens die span van televisie se gunsteling-hengelprogram gee Petri nuwe betekenis aan die gesegde: The show must go on. “Ons is ’n klein span agter dié reuse persoonlikheid en is baie trots.”

KYK OOK: HIER GAAN ONS ALWEER - WENK #3

Hier Gaan Ons Alweer saai Maandae om 17:30 uit op kykNET. Volg ons op Facebook en Twitter en Instagram, en gesels saam met die hutsmerk #HierGaanOnsAlweer.