Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 27: Pizza perfeksie – Kwarantyn

Nuus
06 Julie 2020
Banting, lae-koolhidraat, of eenvoudig Paleo, vanaand se pizza is besonders.
GettyImages 1173909826

Suid-Afrikaners is nie onvoorbereid as dit by Pizza kom nie. Die land het al vir jare dié heerlike kitskos as deel van hul hoofmaal beplanning. Maar so 'n paar jaar gelede het Banting alles omver gegooi - en skielik het mense aandetes en maaltye gesoek met baie minder meel.

Vanaand moet albei spanne Pizza maak sonder enige deeg (met ‘n lekker slaai). Vir lekker gesonde kos, kom ons kyk na ander gesonde opsies.

LEES HIER: LAE-KOOLHIDRAAT PIZZA MET MENGELSLAAI

Avokadopeer is dalk een van die lekkerste vrugte waarvan almal hou. Dis lekker op sy eie met sout en peper, op ander disse of in ‘n slaai. So dis geen wonder dis een van die sleutelbastanddele van 'n lae-koolhidraat dieet nie.

Het jy geweet dat laasmaand avokadomaand was? Suid-Afrika is ‘n lid van die Wêreldavokado-organisasie (WAO) wat baie voordele inhou.

Van toebroodjies, burgers tot pizza – amper elke kos kan saam met roomerige avokadopeer bedien word. Dis juis nou avo-seisoen in Suid-Afrika, so natuurlik is dit meer wyd beskikbaaar. Maar wat gaan jy met jou avo doen?

Het jy al avo-mayonaise probeer? Dis heeltemal vegan en gesond. Al wat jy moet doen is om jou avokado saam met ‘n bietjie olie en suurlemoensap te purée. Dis heerlik op broodjies, of doop sommer skyfies daarin.

As jy avontuurlustig is, avokadopeer is so roomerig, dis ‘n wonderlike plaasvervanger vir normale room in sekere resepte. Volgende keer klop bietjie stroop en sjokeladepoeier bymekaar vir ‘n romerige sjokeladesous, of kyk of jy dit in 'n roomys kan omskep.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.