Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

Grootskaalse feestelikheid!

Nuus
26 Mei 2022
Die atmosfeer by die eerste Frannafest was aansteeklik.
Women on a man's shoulders in a crowd at a music festival.

Francois Jacobs het sy verjaarsdag in styl gevier by die ikoniese Blue Moon in Mbombela. Hy was omring gewees deur sy naaste vriende én natuurlik sy pasmaats – selfs Tjoppa het ‘n verskyning gemaak.

 

Loer hier na ‘n paar ander feeste wat op ons emmerskoplys is:

 

Woodstock

© Getty Images

Alhoewel ons nie kan teruggaan in tyd nie, kan ons altyd droom dat ons die ikoniese Woodstock-fees kon bywoon in 1969. Die fees was slegs eenmalig, maar dit het oor die 400 000 feesgangers gelok en was bestempel gewees as: "an Aquarian Exposition: 3 Days of Peace & Music".

Burning Man

© Getty Images

Die eerste Burning Man- fees het plaasgevind in Junie 1986 net buite San Francisco. Dié fees is veral gefokus daarop om teen moderne beginsels in te gaan soos, geld. Jy sal dan van ruilhandel gebruik maak om die nodige goedjies te koop. Die fees vind nou plaas in Nevada.

Coachella

© Getty Images

Jy hoef slegs dié fees te ‘google’ om uit te vind hoekom dit so ikonies is: Dit is drie maal ‘n jaar dié uithangplek vir sterre wat bietjie... wel, onder die sterre wil slaap en jy kan hier sien wat die mode in die komende maande gaan wees.

Glastonbury

© Getty Images

Die fees het vir die eerste keer plaasgevind in 1970 in die dorp van Pilton in Engeland. Die oorsprong van die fees was grootliks geïnspireer deur die hippie-beweging van die 1960s.

Tomorrowland

© Getty Images

Die elektroniese dans musiek (EDM) -fees vind plaas in Antwerp, België vanaf 2005 en word beskou as een van die grootste  EDM-feeste ter wêreld. Beslis die fees om te besoek as jy die hele nag om wil dans!

 

As jy in ‘n feestelike bui is, onthou om elke Donderdag om 20:00 in te skakel vir die nuutste episode van Op my eish! en gesels saam met ons op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik.