Logo
GN 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Groen: Namibië

144ReisprogramPG

Groen: Namibië – Sikunga se visbewarings-projek

Nuus
12 Augustus 2018
Raak só betrokke.
Groen Namibiê

Foto: Getty Images

Die Sikunga Fish Protection Project is ’n projek wat gestig is vir die bewaring van vis in die Zambezi-rivier van Namibië se Zambezi-streek. Dié projek is oorspronklik in 2011 deur vyf visbewaarders gestig, en het vandag met dertien toegewyde bewaarders wat dien as die oë en ore van die rivier. 

Die onwettige vangs van visse met nette is die grootste probleem in hierdie area. Daarom patroleer hierdie bewaarders die grootste deel van die Zambezi-rivier daagliks met bote in ’n poging om visstropers te vervolg en enige onwettige nette en mokoros te konfiskeer. 

Die gekonfiskeerde mokoros word verkoop aan tradisionele vissermanne wat wettiglik vis vang. Die fondse hiervan gaan aan die Sikunga-visbeskermingprojek, terwyl die onwettige nette vernietig word.
 
Dit is die visbewaarders se doel om enige skade aan hierdie sensitiewe ekosisteem te voorkom om sodoende die Zambezi-river se vis en wild te beskerm. 

Wild- en vis-getalle het oor die afgelope paar jaar drasties verminder weens visstroperry met onwettige nette. Hierdie onwettige nette vang als op – viseiers, klein visse én ook volwasse visse – en los dus niks agter nie. Die nette saai chaos onder dié area se visbevolking wat ook natuurlik die wild affekteer.
 
Die projek is uiters belangrik vir Namibië se ekosisteem en word tans bestuur deur slegs twee mense: Stoney en Rina Steenkamp. Hierdie onbaatsugtige egpaar dra die verantwoordelikheid op hulle skouers om fondse en hulpbronne te verskaf vir die projek. Dit sluit onder meer in petrol vir bote, salarisse, ransoening en verskeie ander items om die projek aan die gang te hou. Huidiglik verkoop hulle ook braaihout om die projek te help befonds. 

Stoney en Rina doen die projek uit die liefde wat hulle vir Namibië en die natuur het, en ontvang geen vergoeding vir die bestuur van die projek nie. Hulle maak staat op finansiële hulp van die bogenoemde, asook borge en skenkers.
 
As jy wil uitivnd hoe om n bydra tot die projek te maak, kontak asseblief [email protected] of bel +264 81 258 5220.

Skakel in vir Groen: Namibië, elke Sondag om 20:30 en gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerke #GroenNamibië.