Logo

Gesels saam via sosiale media

Nuus
09 Maart 2015
MG_6419_resize-1024x688

Die soektog na die Suid-Afrikaner wat die beste gebak kan optower is van 12 Maart op die kassie. Kom volg kykNET se soeke na dié amateur-bakker in Koekedoor, ’n handelsmerk-uitbreiding van Kokkedoor, wat op Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai word. Dié keer word daar gebak en gebrou, en die deelnemers neem nie in spanne deel nie.

Nuuskierig om te sien watter soete verleiding, brode of soutgebak elke week die beoordelaars se aandag trek? Dalk beoefen jy ’n soortgelyke resep?

Bly op hoogte en kom gesels saam op Koekedoor se Facebook- en Twitter-blad.